Elemotho en kie op pad na Europa
Elemotho en kie op pad na Europa

Elemotho en kie op pad na Europa

Lloyd Zandberg
Die bekroonde Afrika-fusion kunstenaar Elemotho en die Makgona Ngwao-kultuurgroep, bekend vir hul kulturele Setswana-dans, reww vanaand by die Warehouse-teater op.
Boonop toer Elemotho en die kultuurgroep volgende maand in Duitsland, Oostenryk en Switserland, wanneer hulle Namibië sal verteenwoordig by die agtste Africa Festival Schloss Mamling wat in Oostenryk plaasvind.
Vanaand se optrede is deel van die The Kalahari to the World-produksie.
Dit bied ’n musikale reis wat die verlede se voetspore en ’n elektriese toekomservaring kombineer.
Elemotho en sy bestuur bedank Air Namibia, wat die vlugte na en van Europa geborg het.
Kaartjies vir vanaand se vertoning om 20:00 is by webtickets.com.na teen N$100 en by die deur teen N$150 beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer