Elizabeth Bay-myn se dae getal
Elizabeth Bay-myn se dae getal

Elizabeth Bay-myn se dae getal

Een van Namdeb se myne kan binnekort onder instandhouding geplaas word indien ’n koper nie gevind word nie.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Produksie by Namdeb se Elizabeth Bay-myn wat aan die begin van die jaar te koop aangebied is, is intussen gestaak terwyl diamante nou van uitskot ontgin word.

Die president van die Mynwerkersunie (MUN), mnr. Desley Somseb, het gesê werkers is ingelig die myn kan moontlik onder instandhouding geplaas word.

“Produksie is gestaak en hulle werk nou met voorraadstapels,” het Somseb gesê.

Hy het die hoop uitgespreek dat ’n koper gevind sal word. Namdeb het in die verlede gesê die myn sou sluit as geen koper gevind word nie en dié besluit toegeskryf aan die hoë bedryfskostes van die myn.

Steeds aktief

Namdeb se woordvoerder, me. Pauline Thomas, het gesê die myn is nog aktief.

“Die Elizabeth Bay-myn is nie gesluit nie. As deel van die verkoopproses deur Standard Bank is voornemende kopers genooi om hul belangstelling in die myn aan te dui, en die proses duur voort.”

Sy het nie gereageer op opvolgvrae wat aan haar gerig is nie.

Aansoeke vir die aankoop van die myn het op 13 April gesluit.

“Sou daar nie kopers vir Elizabeth Bay-myn wees nie, sal ons dit sluit. Daar is ander myne waarop ons nou fokus. Die Elizabeth Bay-myn is nie op die oomblik vir Namdeb ’n prioriteit vanuit ’n kosteperspektief nie,” het Thomas vroeër gesê.

Altesame 250 mense, onder wie kontrakteurs, is by die myn werksaam waar 200 000 karaat verlede jaar ontgin is.

Weens die finansiële onrus in daardie tyd, is die myn ook in 2009 onder instandhouding geplaas. Bedryfwighede is in 2011 deur die Elizabeth Bay-optimaliseringsprojek hervat.

In daardie stadium is geraam die myn het ’n vierjaarleeftyd, tot 2014, gehad. Nietemin het Namdeb maatreëls ingestel om die myn se leeftyd tot 2019 te verleng.

Benewens Elizabeth Bay sal Daberas aan die einde van 2019 sluit, terwyl Sendelingsdrift se leeftyd in 2020 tot ’n einde kom. Namdeb se hoofmyn, Southern Coastal, sal na verwagting in 2022 sluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!