Elizabeth II vier weer haar 90ste
Hoewel die koningin al op 21 April verjaar het, word haar verjaardag twee keer gevier.
Die tweede viering is gewoonlik die tweede naweek in Junie.
Verjaardagvieringe het al Vrydag - toevallig ook prins Philip se 95ste verjaardag - begin met ’n gedenkdiens in die St. Paul-katedraal. Die viering van koningin Elizabeth se 90ste verjaardag is Saterdag voortgesit met die tradisionele Trooping the Colour-seremonie op die Horseguard-paradegrond
Daarna het die koninklikes – prinses Charlotte ingesluit – op die balkon by Buckingham-paleis gestaan vir die tradisionele verbyvlug wat die koningin breed laat glimlag het.
Ná Saterdag se bedrywighede is ’n reusepiekniek gister in The Mall gehou.
Die Skotse veteraanrocker Rod Stewart is tot ridder deur die koningin geslaan. Stewart, bekend om treffers soos “Da Ya Think I’m Sexy?” en “Maggie May” was een van meer as 1 000 mense wat eerbewyse ontvang het in die jaarlikse toekenningsgeleentheid wat hulde bring aan Britte in alle kringe. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie