Elke bietjie tel in spanpoging vir land
Fiksheid
Die Namibiese Hartstigting het die doelwit gestel om landgenote te motiveer om 'n gesamentlike 20 000 kilometer op die naweek van Vrydag 2 Oktober tot Sondag 4 Oktober af te lê.
Stap, draf of ry fiets en help geld insamel vir die Hartstigting se doelwitte om kardiovaskulêre siekte in toom te hou.
Geen enkele byeenkoms hoef gehou te word nie en kilometers kan op enige plek afgelê word om tot Namibië se nasionale totaal bygevoeg te word. Dit kan op die langpad, deur die veld, op 'n trapmeule of oefenfiets, of selfs met virtuele toeps soos Zwift wees.
Ingeval jy reeds ingeskryf is om op daardie naweek aan sportbyeenkomste soos die Madisa Challenge, die Gravel & Dirt bergfietsreeks se Auas Safari, of die Windhoek Citi Run deel te neem, word aanbeveel dat jy ook hier registreer ten einde jou kilometers te laat bytel.
Registreer aanlyn by www.webscorer.com/register.aspx?pid=1&raceid=221086
Inskrywings beloop N$150. Die volle opbrengs van die inskrywingsgeld gaan vir die bedrywighede van die NHF (www.namheart.com). Saam met registrasie kan jy kies om 'n bykomende donasie aan die Hartstigting te skenk vir hul ondersteuningswerk aan hartpasiënte.
Maak seker dat jy op jou foon, horlosie of fiksheidsapparaat 'n toep soos Strava, Google Fit of FitBit aflaai wat jou draffie, staptog of fietsrit se afstand monitor en aanlyn oplaai. Al jou kilometers vir Vrydag 2, Saterdag 3 en Sondag 4 Oktober
Op sosiale media kan selfies met die hutsmerk #UseHeartNam gebruik word om vir pryse in aanmerking te kom.
Stuur 'n e-pos na [email protected] met die aanlyn skakel van jou rit, staptog of drafsessie voor 22:00 op Sondag, 4 Oktober.
Bank Windhoek is 'n borg van die Namibiese Hartstigting se Move Your Heart virtuele uitdaging, terwyl Farm Windhoek Fitness met die administrasie behulpsaam is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie