Elke blokkie op sy plek
Weet jy wie is Alexey Leonidovich Pajitnov?
“Een of ander dooie kommunis wat nie ‘n Afrika-leeu kon paai nie?” vra oom Rooirissie-Rusies-orie-Russe.
Nee, ons deel nie dieselfde politiek nie. Oom Rooirissie-Rusies-orie-Russe is eintlik ook al te oud om te weet waarvan Dapperrerige Daniëljie praat.
Maar hy voel dalk soos vroulief as ek my slimfoon uit die sak skud en alweer dié “app” oopmaak.
Weet okkie of sy weet wie Alexey, van Moskou natuurlik, issie. Hy was ‘n wiskundige, wat dalk anner oompies en tannies sal afsit.
Volgens navorsing stoot hierdie man se speletjie glukosevlakke in die brein erg vinnig op, wat dalk verklaar hoekom ek so baie suikerwater nodig het.
Waar het hy die konsep en naam gekry? Van ‘n kinderspeletjie met houtblokke genaamd pentomino (omdat elke blokkie vyf vierkante in het), wat Alexey toe in vier verander het (tetramino’s) en sy gunsteling sport (tennis) se naam agteraan gelas het.
Voila – Tetris.
Soos met alles wat "famous" is, moet daar ‘n boek en fliek wees?
Deel hiervan is ontleen aan resensies oor Dan Ackerman se boek The Tetris Effect (met dank). Blykbaar lees dit ewe lekker as ‘n Dan Brown . . .
Dit vertel die verhaal hoe verskeie Westerse teenstanders vroeg in 1989 – ook vir Namibië ‘n uiters geskiedkundige jaar – op Alexey gaan toesak het om die regte op sy speletjie agter die Ystergordyn uit te ruk vir . . . Kom ons krap die koppe.
Geldelike voordeel.
Nintendo se eerste Game Boy het die stryd gewen. En die res is . . . Steeds ver-skietende geskiedenis.
En die fliek kom ook. Glo US$80 miljoen klaar gereed om volgende jaar in China te begin skiet aan die eerste deel van ‘n tetra . . . Nee, darem net ‘n trilogie deur vervaardiger Larry Kasanoff van Mortal Kombat-faam.
Die abstraksie van Tetris is volgens kenners een van die redes wat dit ‘n universele treffer gemaak het. Net vorms, g’n taal of karakters wat vir sekere mense uit plek mag lyk of ander dalk kan aanstoot gee nie.
Sommige noem dit selfs digterlik. Poëties in die aantreklike en uitdagende eenvoud daarvan. ‘n Terapeutiese metafoor vir die lewe, volgens Steven Poole van The Spectator. Want as die blokke so vinnig begin val dat dit jou radeloos die hande in die hare laat druk, is dit soos elke ooreising waardeur homo sapiens gaan.
Niemand kan glo tot vandag die spel se ingewikkeldheid volledig ontleed nie.
Jeffrey Goldsmith het aangevoer die hipnotiese verslawing en “high” van Tetris vir die verstand, is te danke aan die instink om te skep, te bou, om probleme op te los en te verstaan. Soos om die kattebak vir ‘n vakansie te pak, het Ackerman gesê.
Onse lat Benna seg soms hy wil speletjies ontwerp as hy eendag groot is. Of sommer nou al.
Wel, Alexey se een medeontwikkelaar, Vadim Gerasimov, was maar net 16 jaar oud toe hy Tetris help programmer het.
Speel maar, my seun, speel!
Weens die wonderlike uitwerking op die verstand, moet van ons kabinetski-ministers dalk ook Tetris begin speel?
En wie weet, kan hulle vir Alexey (as burger van een van die lande wat ons in die “Struggle” gehelp het) vra om Harambee en van ons ander planne deur sy toets te sit.
Sodat elke steen van die “Namibiese Huis” mooi hoeks met mekaar lê.
Tetris!
Nota: Geen ouderdomsperk en geen ervaring of opleiding nodig om te speel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie