Elke heuningby kry sy dag
Tanja Bause
Op 20 Mei vanjaar is Wêreldbyedag vir die eerste keer gevier om die belangrike en onmisbare rol van bye en ander bestuiwers in volhoubare voedselproduksie te erken.
Die betrokke datum is gekies omdat dit mnr. Anton Jansa se verjaardag was.
Jansa het moderne byeboerderytegnieke in die 18de eeu in Slowenië, sy geboorteland, geïmplementeer.
Hy het bye geprys vir hul vermoë om hard te werk en terselfdertyd min aandag te verg.
Namibiese byeboere beplan om 29 Oktober aan die heuningby te wy.
“Heuningbye bestuif tot 80% van die plante ter wêreld. Sonder hulle sal daar byvoorbeeld amper geen appels wees om te eet nie. Ons het 29 Oktober gekies sodat op dié dag op bye gefokus kan word,” het mnr. Roland zu Bentheim, 'n byeboer, gesê.
Bye en ander bestuiwers, soos skoenlappers, vlermuise en kolibries, word toenemend deur mense se gedrag bedreig.
Bestuiwers is onontbeerlik vir die produksie van tot 75% van alle gewasse en vrugte vir volhoubare gehalte en getalle.
Dit sluit vrugte, neute, sade en eetbare olies in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie