Elke leerling maak saak
Octavia Tsibes - Welwitschia Privaatskool is 'n skool met 272 leerlinge van graad 1 tot graad 12 en is buite Windhoek in die Brakwater woonbuurt geleë. Die skool, wat van Januarie 2001 tot aan die einde van 2015 as Eduhelp Remedial Skool bekend gestaan het, is 'n diverse plek met ruimte vir leerlinge met 'n verskeidenheid gawes en uitdagings.
Die stigter, me. Magda Swanepoel, het begin met die droom om 'n skool met 'n unieke visie en missie oop te maak. In 2001 het sy 'n huis te koop gesien, daarna gaan kyk en besef dié huis sou die begin van haar droom wees.
EOS Capital het die skool in 2016 oorgeneem en dit word nou as 'n volwaardige privaatskool bestuur. Welwitschia Privaatskool volg die nasionale NSSC-kurrikulum. Wat Welwitschia besonders maak is die ruimte wat in hul klaskamers en kurrikulum gebied word vir leerlinge met outisme en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS).
Die skoolhoof, me. Tiensie Dry, ken elke leerling se naam en beskou haar werk as 'n voorreg. Onder haar leiding is Welwitschia 'n groot familie.
“Elke kind by Welwitschia Privaatskool maak saak,” sê Swanepoel.
“Hier by die skool is die leerlinge veilig en kry hulle die geleentheid om 'n opvoedkundige grondslag te ontvang wat hulle nie andersins sou gehad het nie.“
Wat die skool spesiaal maak is hul klein klasse, wat uit tussen 15 en 17 leerlinge bestaan. Daar is in totaal net sowat 70 leerlinge in die laerskool. Verder bied die skool 'n individuele opvoedkundige plan vir elke leerling aan.
Dry sê: “Die opvoedkundige planne help hulle baie. Wat baie goed is, is dat die hoërskoolleerlinge self hulp vra wanneer hulle sukkel – die onderwyser hoef nie op sy eie probleme by leerlinge te identifiseer nie.”
Die skool wil ook met professionele beroepsopleiding begin sodra bouwerk voltooi is.
Hoewel die skool in Brakwater geleë is, maak hulle van busse gebruik om hul leerlinge daagliks tussen die skool en Windhoek te vervoer.
Die skool het verskillende onderrigmetodes. Me. Ria-Leen Louw is 'n kuns-, drama- en lewenswetenskappe-onderwyser en sê geduld en passie is wat elke onderwyser nodig het. Louw vertel van 'n seun wat by haar kuns neem en aanvanklik baie gehakkel het. Sy sê die skool se opvoedkundige planne het die seun in so 'n mate bemagtig dat hy nou baie selfvertroue het en heelwat minder hakkel.
Me. Charmaine Ndoro, die visuele kunste- en aardrykskunde-onderwyser, sê: “Deur kuns kan leerlinge hulself beter uitdruk en beter vriende maak.”
Ook by die laerskool het die onderwysers unieke metodes om die leerlinge se aandag te behou.
Hulle doen byvoorbeeld Powerpoint-aanbiedings om klasse interessanter te maak.
Me. Annemarie Eksteen, nog een van die laerskoolonderwysers, vertel van 'n leerling wat in 'n ander skool gesukkel het, maar uitstekend vaar in Welwitschia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie