Elon Musk wil ‘gedagtes’ lees
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk het ’n nuwe maatskappy gestig wat rekenaars en die menslike brein kan laat saamsmelt.
Die Wall Street Journal berig, Neuralink, beoog om elektrodes in die brein te plant wat mense in die toekoms sal toelaat om gedagtes op en af te laai.
Musk het nog nie amptelik die maatskappy aangekondig nie maar Neuralink is in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië as ’n “mediese navorsings maatskappy” geregistreer.
’n Ingeligte bron het aan die Wall Street Journal gesê Musk gaan persoonlik die navorsing befonds.
Dit is nog nie bekend watter kommersiële produkte Neuralink wil maak nie. Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie