Elou00efse bring dalk storms
Elou00efse bring dalk storms

Eloïse bring dalk storms

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die tropiese depressie, of dit wat oorgebly het van wat aanvanklik sikloon Eloïse was, kan vanaf môre vir kwaai storms in Namibië sorg.

Tog sal Botswana waarskynlik die ergste geraak word.

Die Namibiese weerkantoor se afdeling vir rampbestuur het ‘n verklaring uitgereik waarvolgens swaar reën van meer as 60 mm in 24 uur verwag word, wat vloede kan veroorsaak. Die waarskuwing geld vir Namibië se oostelike en suidoostelike gebiede, asook plek-plek in die hoogliggende sentrale dele.

Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, meen die weerstelsel sal boonop vir sterk winde en kwaai weerligstorms sorg, terwyl daar vir môre ook teen moontlike haelstorms oor die Khomas- en Omahekestreek gewaarsku word.

Die sikloon het Mosambiek op 23 Januarie getref en alhoewel dit “matige skade” aangerig het, meen die Mosambiekse regering dat dit sowat 7 000 mense forseer het om te ontruim en eindelik sowat 5 000 huise vernietig, beskadig of oorstroom het.

Eloïse het egter vinnig tot ‘n tropiese depressie verswak nadat dit die vasteland getref het. Dit het steeds swaar reën in die noorde van Suid-Afrika, die suide van Zimbabwe en die ooste van Botswana veroorsaak.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer