Elsjen virtueel tussen voorstes in Afrika
Namibië sal in 2021 die gasheerland bly vir die kontinentale NASP-kampioenskap wat vanjaar deur die mat geval het.
Andrew Poolman – Elsjen Wilders, 'n matriekleerder van Windhoek Gimnasium, was Namibië se beste presteerder met 294 punte uit 'n moontlike 300, toe die eerste virtuele NASP Afrika-boogskietkompetisie die afgelope naweek gehou is.
Te midde van die meerderheid lande wat steeds in 'n grendelstaat vanweë die Covid-19-pandemie verkeer, kon die geskeduleerde kontinentale kampioenskap van die NASP (nasionale program vir boogskiet in skole) vandeesmaand op Swakopmund nie plaasvind nie en die kompetisie is gevolglik op 'n virtuele grondslag beslis.
Deelnemers moes regstreekse video-opnames van hul skietery en die teiken ná elke skoot indien om hul tellings te laat geld. Drie pyle elk na die twee afstande (10 meter en 15 meter) is in vyf rondtes herhaal, wat op altesame 30 pyle te staan kom.
Wilders was net een punt agter die meisieswenner, derde in die vroueklas en sewende algeheel (mans en vroue). Drie Suid-Afrikaanse skutters het met puik tellings van 299 uit 300 sake oorheers.
Wilders was tevore 'n artistiese gimnas op nasionale vlak, voordat sy vanweë 'n besering haar eerder op boogskiet begin toespits het. Sy het die Namibiese skolespan intussen verlede jaar ook reeds in hierdie individuele sport begin verteenwoordig.
Mybri Schoonbee, 'n lid van die Namibiese ontwikkelingspan, het 'n goeie derde posisie in die manskategorie behaal en was algeheel vierde (mans en vroue) met 286 uit 300.
Beide Wilders en Myburgh word deur mnr. HP Jacobs as afrigter van Windhoek Gimnasium afgerig.
Ander Namibiërs wat goeie tellings aangeteken het, was Alexander Abrahams (288 uit 300), Denzel Nanub (285), Johannes Niklaas Booysen (285), Damian Beukes (284) en Ronelle Raes (280).
Elke land se topses skutters (insluitend minstens een van die ander geslag) het die span se puntetotaal en eindposisie bepaal. Suid-Afrika (eerste, 1777 punte) en Zimbabwe (1749) het sake oorheers, met Namibië derde (1707) en Botswana vierde (847, met drie skutters).
Die Namibiese aanslag kon sterker gewees het indien dit nie was dat sommige van die voorste individue hulle byvoorbeeld op plase bevind het waar internettoegang 'n uitdaging is nie.
Organiseerders van die kompetisie het aangedui dat waardevolle lesse tydens hierdie eerste aanbieding geleer is en dat dit gewis nie die laaste van sy soort behoort te wees nie.
PROBEER WEER IN 2021
Die besluit is reeds geneem dat Namibië steeds die aanbieder sal bly wanneer die volgende kontinentale NASP-kampioenskap waarskynlik in 2021 sal plaasvind.
“Maande van vooraf beplanning is nodig en die geleentheid sal dus gewis nie vanjaar geherskeduleer word nie. 'n Bykomende rede is om mense geleentheid te gee om van die finansiële terugslae van nasionale inperkings te stel en sodoende aan elke deelnemer 'n regverdige kans te gee om teenwoordig te wees.
“'n Nuwe datum vir volgende jaar is nog nie bekend nie,” het NASP Namibië onlangs in 'n aankondiging gesê.
Die Namibiese skolespan was tweede ná Suid-Afrika, toe die vorige NASP Afrika-kampioenskap in 2019 in die Boland gehou was. Buitenshuise boogskiet is normaalweg veel meer omvattend en uitdagend as laas naweek se virtuele uitdaging, met byvoorbeeld ook 'n rondte van skiet na diervormige teikens as deel van die kompetisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie