Elvis Blue bring lof
Elvis Blue bring lof

Elvis Blue bring lof

Lloyd Zandberg
Camp David-bedieninge wil Namibiërs graag herinner aan Hallelujah Namibia wat op Saterdag 4 November by Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool plaasvind. Die visie is dat Namibië die knie sal buig en saam sal bely dat ons koning en enigste hoop Jesus is!

Jan Hoogendyk, beter bekend as Elvis Blue, is een van Suid-Afrika se suksesvolste en mees geliefde kunstenaars. Elvis is bekend daarvoor dat hy 'n passie vir sy aanhangers het, sy welwillendheid en bowenal vir sy uitstekende musiek.

Hy het 'n nederige begin gehad as jong straatmusikant in Johannesburg, maar sy groot deurbraak was toe hy in 2010 die Idols-kompetisie gewen het.

Sedertdien het hy baie sukses en musikale hoogtepunte beleef met ver­skeie toekennings en platinum albumverkope agter sy naam. Elvis skryf die meeste van sy liedjies self. Sy werk is deurweef met emosionele lirieke en opgewekte saamsingliedjies.

Koop gerus jou kaartjie vir Hallelujah Namibia by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay. Onthou dat kinders van drie tot 18 jaar, asook pensioenarisse, 50% afslag op hul kaartjies kry.

Daar is ook 'n ­spesiale gesinsaanbod in die oop sit­plekarea, waar twee ­volwassenes en twee kinders 'n verdere 10% afslag op hul kaartjies ontvang.

Daar is ook die spesiale geskenk van 'n gratis kaartjie indien jy 10 kaartjies vir Hallelujah Namibia koop.

Vir navrae, kontak die Camp David-kantoor in Windhoek by [email protected] of by 061 300 650.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!