Elvis Blue kom kuier!

Lloyd Zandberg
Vir die eerste keer sedert hy ’n huishoudelike naam geword het in 2010, toer Elvis Blue deur Namibië! Ten spyte van verskeie optredes in die land oor die jare, het Elvis nog nooit die geleentheid gehad om self hier te toer nie, en Elvis en sy orkes is opgewonde om dit in Augustus hierdie jaar aan te pak.

Op die rug van die meeste Ghoemas in die geskiedenis – waarmee Elvis in 2016 weggestap het vir sy album Êrens in die Middel van Nêrens, en die vrystelling van sy sesde album Die Brug, is daar geen beter tyd om een van dié bekende liedjieskrywers en musikant se optredes by te woon nie.

“Ek sien so uit om die res van Namibië te sien. Lang paaie, blou lug, vriendelike mense! Kan nie wag nie!” sê Elvis oor sy komende toer.

Kaartjies is N$120 vir volwassenes en N$60 vir kinders onder 12 en Elvis gaan in die volgende dorpe te sien wees:

31 Julie - Gobabis - kontak Jaco by 081 243 1932

3 Augustus – Tsumeb – kontak Surine by 081 148 8133

4 Augustus - Outjo – kontak Ansie by 081 122 7573

5 en 6 Augustus – Windhoek – kontak Marcha by 081 288 2886

7 Augustus - Aranos - kontak Rene by 081 376 3549

Vir algemene navrae, kontak Marcha Reed by 081 288 2886

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!