Elvis se Seun het beslis nie die gebou verlaat nie
Elvis se Seun het beslis nie die gebou verlaat nie

Elvis se Seun het beslis nie die gebou verlaat nie

Helene Bam
Esmarie Boshoff van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Ek stap na WAP se raadsaal en wag so paar oomblikke buite die deur om seker te maak dat die gaskunstenaars van die 2017 Mnr. en Mej. Privaatskole gereed is om my te sien.
Al drie van hulle groet my baie vriendelik en bied vir my iets aan om te eet. Hulle is duidelik al gewoond daaraan om sulke onderhoude so vinnig tussen pouses te voer; ek, aan die ander kant, is baie op my senuwees.
“Dit is die eerste keer wat ons van die Napso Privaatskole hoor en in Suid-Afrika het ons al vir ’n redelike paar privaatskole gaan sing en ook al só ’n Mnr. en Mej. aand gedoen, maar dit is die eerste keer wat ons aan hierdie kant so ’n optrede doen,” het die musiekgroep se hoofsanger, Stefan Ludik, vir my gesê.
Dit is ook die eerste keer wat hulle optree by ’n skool se skoonheidskompetisie waar meer as een skool betrokke is.
Ek vra hoe hulle oor hul senuwees voel en of dit enigsins anders is in vergelyking met ander optredes wat hulle al voorheen gedoen het.
“Dit is partykeer anders,” verklap Stefan, “en in Namibië, ons tuiste, is dit lekker, want daar is so bietjie van ’n ander nerve, veral met die opstel is daar ’n sekere paar tegniese goed wat ons moet regkry.” Hy sê dat die tegniese goed die uitdaging is wat die meeste tyd neem. Hulle meng al hul instrumente en klank terwyl hulle op die verhoog is om ’n beter vertoning te gee as iemand wat net met ’n klankbaan sing en speel.
“Daar is soveel dinge wat verkeerd kan gaan; 2 kitare, 3 mikrofone, al die kabels wat gelê moet word en alles wat eers getoets moet word. Ons doen sommer alles op die iPad terwyl ons op die verhoog is.”
Dít sorg vir ’n ekstra werkie aangesien hulle al die middag vroeg daar moes wees om als op te stel en dit vat gewoonlik so bietjie meer as ’n uur.
Ek vra ook toe die vraag op almal se lippe: hoekom juis Elvis se Seun? Elvis se seun is soos ’n alter ego van die musiekgroep, wat bestaan uit Stefan Ludik, Christo de la Rey, Jaq Cunningham en twee dansers wat nie by vanaand se vertoning kon wees nie. “Dis soos heeltemal verskillende mense,” vertel Christo. “Dis regtig om soos Elvis se seun te wees, jy moet net die dans passies dophou,” lag Stefan ook saam.
Soos die pouse al hoe korter word en die onderhoud uiteindelik tot ’n einde moes kom, vra ek wat hulle graag saam met hierdie wonderlike ervaring wil saamneem. “Dit is wonderlik om almal so te sien dans agter in die saal, veral Tsumeb Gimnasium se gees.
Dit is maar ’n algemene ding vir mense om só te dans by ’n boerejol, maar dit is beslis nie ’n algemene ding by ’n skoonheidskompetisie nie en dit maak dit nogal spesiaal.”
Elvis se Seun se nuwe album, Goeie Tye, word 9 Junie beskikbaar gestel en hulle het alles self gedoen en opgeneem oor die tydperk van ’n jaar. “Ons is ongelooflik trots op hierdie album,” sê Jaq.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A