Emed Rescue 24 se treë tel vir 50 Million Steps for Epilepsy-uitdaging
Emed Rescue 24 het in solidariteit met Epilepsie Namibië, die Internasionale Buro vir Epilepsie (IBE) en die Internasionale Liga teen Epilepsie (ILAE) aangesluit by die 50 Miljoen Treë vir Epilepsie-uitdaging. Die uitdaging is deur IBE gestel om dié wat deur epilepsie geraak word, te ondersteun en ook om bewustheid te kweek. Individue oraloor in die wêreld is gevra om saam 50 miljoen treë te stap. Personeel van Emed het vandag 'n totaal van 232 096 treë gegee as hul bydrae tot die uitdaging.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie