Emigrasie is ’n vorm van taksrevolusie
As net 10% van mense emigreer wat persoonlike belasting in SA betaal, is daar R16 miljard minder belasting wat ingevorder kan word.
Francois Williams – ’n Belastingrevolusie neem verskeie vorms aan. ’n Ekstreme en die kommerwekkendste manier is emigrasie, sê Bernard Sacks, belastingvennoot van die ouditgroep Mazars.
Hy het Woensdag op ’n aanbieding oor die komende mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die een metode van belastingrevolusie is waar mense bloot nie belasting betaal nie of dit traag betaal. Maar die ander, meer drastiese en kommerwekkende manier, is as mense emigreer.
Suid-Afrikaanse aansoeke vir die Amerikaanse EB-5- beleggersvisum het meer as verdriedubbel en is 346% meer as gewoonlik, sê Nadia Read Thaele, direkteur van LIO Global, wat in beleggingsvisums en emigrasieskemas spesialiseer.
Dit is veral omdat die minimum belegging vir dié visum in November van die huidige $500 000 (sowat R7,6 miljoen) tot $900 000 (sowat R14 miljoen) styg.
Sacks het verwys na die belastingregime vir Suid-Afrikaners wat oorsee werk wat in Maart 2020 verander. Tans hoef hulle in sekere omstandighede nie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens belasting te betaal op hul buitelandse inkomste nie. Maar van Maart volgende jaar sal net die eerste R1 miljoen van hul buitelandse inkomste kwytgeskeld wees. Sulke mense sal dit sterk oorweeg om te emigreer.
Syfers van die nasionale tesourie wys daar is sowat 120 000 belastingbetalers wat 29% van Suid-Afrika se persoonlike belasting betaal, maar hulle is net 1,6% van die totale getal belastingbetalers van meer as 7,6 miljoen.
As net 10% van hierdie mense emigreer, is daar R16 miljard minder belasting wat ingevorder kan word. Suid-Afrika is dus baie kwesbaar hiervoor, waarsku Sacks.
Hulle is gewoonlik groot besteders in die ekonomie, so dit is dus nie net persoonlike-inkomstebelasting wat verlore gaan nie, maar daar is ’n rimpeleffek na ander belastings soos BTW. Hulle is werkgewers en as hulle hul ondernemings skuif, lei dit tot plaaslike werkverliese.
Onwettige sigarethandel, soos pakkies sigarette wat vir onder R15 verkoop word terwyl net die aksyns op sigarette alleen reeds R15 is, kan ook beskou word as ’n vorm van ’n belastingrevolusie, sê Sacks. “Of is dit georganiseerde misdaad?”
Hy meen nie ’n belastingrevolusie is op lang termyn suksesvol nie, maar in die vorm van ’n korttermyn-protesaksie soos met die boikot van e-tol in Gauteng kan dit wel suksesvol wees.
Graham Molineux, belastingvennoot by Mazars, meen hoewel daar ’n risiko is van ’n belastingrevolusie, word baie belastings outomaties ingevorder, soos werkgewers wat werknemers se persoonlike-inkomstebelasting regstreeks oorbetaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie