‘Emosie, politiek dryf GMO-debat’
Dit blyk verbruikers se weerstand teen GMO’s is dikwels op emosie en onkunde geskoei, sonder om wetenskaplike bevindings in ag te neem.
Ronelle Rademeyer - Bokomo Namibia se aansoek in Desember verlede jaar vir ’n permit om geneties gemodifiseerde mieliemeel en veevoer die land in te bring, het die debat oor die veiligheid van geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) opnuut laat opvlam.
Dié maatskappy het op 17 Desember een van die eerste maatskappye geword om onder die Wet op Bioveiligheid van 2006 se nuwe regulasies vir so ’n permit aansoek doen.
Hierdie regulasies tree op 6 Februarie vanjaar in werking met die doel om die handel in produkte wat GMO’s bevat, behoorlik te reguleer.
Die publiek het tot 17 Januarie die geleentheid gehad om beswaar aan te teken, met ’n aanlynveldtog daarteen wat laat in Desember per e-pos in Namibië van stapel gestuur is.
Bokomo se hoofbedryfsbeampte, mnr. Gabriel Badenhorst, het aan Die Boer gesê dié maatskappy het nie self enige besware of aanbevelings ontvang nie.
Hy weet ook nie hoeveel besware ingedien is nie, aangesien dit aan die bioveiligheidsraad gerig is.
“Produkte wat GMO’s bevat, is jare reeds wettig op die Namibiese mark, maar die doel van die nuwe regulasies is om dit te reguleer en nie bloot net te verbied nie,” het hy benadruk.
Volgens mnr. Paulus Mungeyi, bestuurder van biotegnologie by die Nasionale Kommissie vir Navorsing in Wetenskap en Tegnologie (NCRST), het die bioveiligheidsraad voor die sperdatum net een skriftelike reaksie van die publiek ontvang, al is daar op sosialemediaplatforms veldtog daarteen gev oer. in dié brief word gevra die aansoek moet met inagneming van veiligheid en die nodige bewusmaking en inligting op die verplakking van produkte, oorweeg word.
Volgens hom sal die raad op 4 Februarie oor die aansoek besluit. "Ná'n aansoek ingedien is, duur die proses negentig dae," het hy verduidelik.
KAMPVEGTER
Die Grootfontein-mielieboer mnr. Klaas Malan, wat bekend is as ’n voorstaander van GM-mielies, sê die debat word dikwels deur emosie pleks van feite aangevuur.
Malan het GM-mielies geplant voor die wetgewing daarteen in werking getree het.
Aangesien hy bewaringsboerdery beoefen en geenbewerking toepas (sien ook die artikel op bl. 4), stry hy ’n taaier stryd teen onkruide as boere wat hul lande op die konvensionele manier bewerk. Dit is een van die redes waarom hy GM-mielies verkies.
Verder sê hy sal boere wat GMO’s plant ten tye van “katastofiese plaag-uitbrekings”, opbrengste hê terwyl dié met konvensionele aanplantings gevaar staan om hul oeste te verloor.
“Die groot bedreiging vir ons mielies is die herfskommandowurm. GM-mielies wat die Bt-geen bevat, is bestand teen hierdie wurm, asook teen goed soos wolwurm en stronkboorder.”
Malan sê met GM-mielies is die produsent se opbrengs onder normale omstandighede ook ’n klein bietjie beter omdat dit makliker is om dié gewasse te bestuur. “Jy hoef nie soos ander boere wat konvensionele mielies plant, insekdoder te spuit nie. En as jy mielies plant wat die Roundup Ready-geen bevat, kan jy onkruide soos kweek beheer sonder om gevaar te staan dat die gifstof die mielieplant self ook dood maak.”
Hy glo die verbruikersweerstand teen GMO’s is op onkunde en emosie geskoei. “Mense is geneig om iets te hoor en op loop raak daarmee.
“Dit word aangeblaas deur groenes wat verkeerde inligting aan mense oordra.
“Hulle plaas byvoorbeeld foto’s op pamflette van ’n aarbei met ’n viskop. Die rede daarvoor is dat wetenskaplikes probeer het om geen in kouewater-visse in gewasse oor te plant om dit meer kouebestand is. Dit was net toets en daar is nooit so geen op die mark gesit nie,” sê hy.
“Insulien wat gebruik word vir diabetes is feitlik 100 persent deur ’n genetiese gemodifiseerde proses vervaardig. Daarom het ons regering van die begin af gesê het mediese gebruike van GMO’s gaan nie beheer en gereguleer word nie.”
WETENSKAPLIKE NAVORSING
Volgens ’n artikel op die webblad van die Genetic Literacy Project oor die bevindings in die ChileBio-verslag, is GM-gewasse om sosiale en politieke redes kontroversieel.
Dit blyk dat daar in die wetenskapswêreld geen dispuut oor die veiligheid van hierdie gewasse nie. Tot nou toe is meer as 3 000 wetenskaplike studies deur meer as 280 wetenskaplike instellings oor die veiligheid van hierdie gewasse vir menslike gesondheid en die omgewing gedoen.
“Die internasionale studies sowel as die gevallestudies deur regulerende owerhede het gegronde en deurdagte konsensus bereik: GM-gewasse hou nie groter risiko’s in as gewasse wat volgens konvensionele tegnieke ontwikkel is nie,” lui die artikel.
Volgens ’n onlangse artikel in die New York Times weet die meeste verbruikers nie dat hulle al vir dekades lank voedsel verbruik wat deur bio-ingenieurswese ontwikkel is nie. Dit sluit in kruisteling, bestraling en die chemiese induksie van geenmutasies om gewenste eienskappe te bereik.
Die Pew Navorsingsentrum het volgens hierdie artikel bevind nagenoeg 40 persent van Amerikaners glo GMO’s is sleg vir hul gesondheid, sonder dat dit op wetenskaplike bevindings gegrond is.
Laura Rutherford sê as woordvoerder van Amerikaanse boere dat alle voedselprodukte in die VSA veilig is – of dit nou van organiese, konvensionele of met GM-gewasse afkomstig is.
Sy meen volgens die artikel ook dat die GMO-debat dikwels misbruik word om markaandeel te behou. Dit word ook as bemarkingstaktiek gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie