En die wenner is. . .
Hartlief Shop & Bistro in Windhoek het onlangs ’n kompetisie van Omuriro-vuuraanstekers aangebied. Rachel Duvenhage is as die wenner aangewys. Kliënte moes drie pakkies Omuriro-produkte koop en het een gratis ontvang. Duvenhage het drie koffiebekers en drie yskasmagnete gewen asook twee Omuriro-produkte van dieselfde items as wat sy gekoop het. Kai Sickel, die spysenieringsbestuurder by die Shop & Bistro, oorhandig die prys aan Rachel. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie