Suné wen die kroon

Yolanda Nel
Yolanda Nel

Aandrokke en hoë polvye was verlede Saterdagaand oral te sien by die Mej. Namibië 2017-skoonheidskompetisie.

Suné January het met die titel weggestap.

Nie net het Suné met die kroon weggestap nie, sy het ook drie van 10 spesiale nuwe toekennings ingepalm - onder meer topmodel, en mees atletiese en mees fotogeniese finalis.

Zandria Swart is aangewys as die talentvolste finalis en beste openbare spreker.

Elizabeth Ipinge is nie net ’n mooi gesiggie nie en is aangewys as die finalis met die beste algemene kennis, en Sunet van Schalkwyk was die kreatiefste onder die finaliste.

Sabine Samuel is as Mej. Persoonlikheid aangewys en is deur die finaliste self gekies.

Romilly Mouton het weggestap as die publiek se gunsteling en het ook die titel van eerste prinses ingepalm.

Tessia Mutwamezi is aangewys as die tweede prinses.

Die 12 finaliste is in ‘n verskeidenheid uitrustings gesien - almal Namibiese ontwerpers se handewerk.

Die Namibiese klerewinkel, My Republik, het gesorg vir die finaliste se daguitrustings en ontwerper McBride was verantwoordelik vir hul skemerkelkie-uitrustings.

Die aandrokke is deur Donald Diergaardt ontwerp en gemaak en het ‘n tikkie van elke finalis se karakter weerspieël.

Gaste is deur die loop van die aand deur die musiekgroep VM6 en Big Ben bekoor, en Marvin Sanzila se dansgroep het gesorg vir baie vermaak met hul danspassies.

Gedurende die vertoning het Michelle McLean-Bailey onderhoude met voormalige Mej. Namibië-titelhouers gevoer, insluitende Bernice Tembo (1980), Mia de Klerk (2000) en Odile Gertze (2010).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!