En ek het gedog almal kry swaar
En ek het gedog almal kry swaar

En ek het gedog almal kry swaar

Mandy Rittmann
KEELVOL VIR SWAK DIENS SKRYF:

Graag wil ek my ervarings van die afgelope dae met die lesers deel.

Almal kla oor die Covid-19 pandemie, besighede sluit en werkloosheid vier hoogty.

Blykbaar is die besighede in Swakopmund glad nie in die knyp nie, want dit is soos ek dit ervaar het:

Vir my moeder se 94ste verjaarsdag op Sondag 28 Maart wou ek dit bitter graag spesiaal vir haar maak.

Drie weke terug het ek begin om die afsprake te reël. Eerstens het ek plek bespreek vir ’n vonkelwynontbyt by ’n spoghotel, waar ons gereelde gaste was.

Alles klopdisselboom, tot hulle my laat weet dat daar klaar ’n troue bespreek is, en ons het 45 minute vir ons ontbyt, dan moet ons uit die hotel uit wees!

Kon hulle dit nie vir my gesê het, toe ek bespreek het nie? Dit is net vir my onaanvaarbaar.

Voordat ek by bogenoemde hotel bespreek het, was my man by ’n bekende hotel, wat tans in ’n hofsaak met versekeraars betrokke is, om die ontbyt te bespreek, maar hulle vra ’n volle N$50,00 per kop meer as die ander hotelle. Ek dog almal soek kliënte? Die dame belowe toe hulle sal my bel, miskien is daar ’n kans vir ’n beter prys.

Helaas, ek wag nou nog vir die oproep! Nadat die ander hotel my ingelig het oor die feit dat ons vinnig moet eet en drink, sluip ek toe maar weer terug na die duurder plek om my te vergewis of hulle intussen besluit het om my tegemoet te kom. Na ’n ruk verskyn die dame, ek neem aan die bestuurderes, glad nie baie vriendelik nie, en sê daar is geen manier dat sy ons kan tegemoet kom nie, in elk geval nie met dit wat die ander plekke vra nie. Weer eens, hoe werf ’n mens kliënte met so ’n houding?

Gelukkig kon ek by ’n ander Duitse hotel regkom, wat vanaf die eerste oomblik af geen moeite ontsien het om ons te akkommodeer nie.

Nog het einde niet!

Twee weke terug, bespreek ek vir daai einste moeder ’n manikuur en pedikuur by ’n bekende skoonheidsalon vir Vrydag voor haar verjaarsdag, sodat sy kan pragtig lyk en goed voel op haar verjaarsdag. Donderdag laat weet die salon my die dame kan ongelukkig nie so laat (half ses) werk nie, so ons moet maar ’n ander plan maak. Weer eens, kon sy my dit nie gesê het toe ek die afspraak gemaak het nie? Waar op dees aarde kry ek nou ’n afspraak vir my moeder vir Vrydag?Heilige hart!

Bestaan werksetiek in vandag se lewe nie meer nie? Dan kla en kerm almal oor die pandemie, almal sukkel en stoei?

Arme drommel wat ek is, ek wou net my moeder se 94ste verjaarsdag onvergeetlik gemaak het, maar met sulke diens in Swakopmund neem ek haar volgende jaar op ’n bootvaart Karibiese eilande toe, geen vieringe weer plaaslik nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!