Energiebeleid byna gereed
Finale insette gister gegee.
Augetto Graig - Me. Kornelia Shilunga, adjunkminister van myne en energie, het 'n beroep op die privaatsektor gedoen om in projekte te belê wat elektrisiteitsvoorsiening sal verbeter.
Sy het die versoek gister by die tweede slypskool oor die nasionale energiebeleid in Windhoek gerig.
“Ons moet almal besef die regering kan nie die geweldige beleggingsvereistes in die energiesektor alleen dra nie. Ons moet nuwe geld vind om die sektor te versterk om strategiese energieprojekte te inisieer,” het sy gesê.
“Namibië is oop vir besigheid en ons verwelkom energiesektorbeleggings.”
Die adjunkminister is vasbeslote dat die privaatsektor 'n toenemend belangrike rol in die verskaffing van die land se kragbehoeftes sal speel.
Shilunga het gesê die regering volg tot dusver die witskrif op energie van 1998, maar sy sê dit is nie meer voldoende nie, want “tye het verander”.
Om dié belangrike dokument te hersien, het die regering 'n komitee geskep vir die opdatering van die energiebeleid.
Die ministerie se energiedirekteur, mnr. John Titus, lei die komitee wat bestaan uit lede van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB), die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), NamPower, Namcor, die ministerie van finansies, die ministerie van die omgewing en toerisme, asook die Namibiese energie-instituut.
Die komitee het in Mei 2016 konsultante aangestel om samesprekings te reël, inligting in te vorder en die konsepdokument op te stel.
Mnr. Uli von Seydlitz van Emcon, mnr. Detlof von Oertzen van VO Consulting, en mnr Leon Möller en me. Selma Shimutwikeni van Rich Africa het volgens Shilunga skitterende werk gelewer om die proses tot gister se laaste openbare vergadering te lei.
Die eerste nasionale slypskool is in Augustus 2016 vir belanghebbendes gehou, waarna die eerste konsepbeleid opgestel is.
'n Tweede reeks vergaderings het gelei tot die beleid wat gister weer bespreek is.
Die permanente sekretaris van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, het gesê die nuwe beleid se hoofdoel sal wees om die wanbalans tussen hulpbronskenkings en die kragbronne wat tans gebruik word, te takel.
Die adjunkminister het gesê die gebruik van plaaslike energiehulpbronne moet in die toekoms aansienlik vermeerder word.
Tans word tot 60% van Namibië se krag ingevoer, terwyl alle vloeibare brandstof van die buiteland afkomstig is.
Volgens Shilunga is dié situasie nie aanvaarbaar nie.
Gister se gesprek het gefokus op meer as 40 onderwerpe, onder meer kragopwekking, transmissie van elektrisiteit, verspreiding en voorsiening.
Verskeie insette is deur deelnemers gelewer en aangeteken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie