Engeland beskou beker as halfvol
Krieket
Engeland is op die regte spoor en hoef nie hul groep te verander nie, nadat hulle die reeks om die As met 4-0 teen Australië verloor het.
So het James Anderson, Engeland se onderkaptein, gister gesê nadat hulle die vyfde toets van die reeks met 'n beurt en 123 lopies verloor het.
Anderson het ervaring van twee reekse wat skoonskip met 5-0 teen Australië weg van die huis af verloor is. Die chaotiese reeks in 2013-2014 het gelei tot die bedanking van die afrigter, Andy Flower, asook 'n string uittredes van spelers.
Ondanks die feit dat Engeland se boulers nie in enige van die vyf toetse 20 paaltjies kon neem nie en hul kolwers net drie honderdtalle kon aanteken, glo Anderson Engeland is op die regte trajek.
“Dit voel nie soos 'n reeks waarna daar 'n groot omwenteling hoef te wees nie. Ons het eintlik bietjie goeie krieket langs die pad gespeel. Ons is nie in elke toets weggeblaas nie.
“Elke toets het tot in die vyfde dag gegaan. Dit voel nie soos 'n reeks wat heeltemal rampspoedig was nie. Ons weet egter ons moet in 'n klomp areas verbeter.”
Anderson sê die afwesigheid van die veelsydige Ben Stokes, wat geskors is ná 'n voorval buite 'n nagklub in September, asook 'n rits ander onsmaaklikhede van die veld af het nie die reeks beïnvloed nie.
Hy voel ook die voorbereidings was voldoende.
“Ek weet nie wat ons anders kon doen nie. Jy kan voorberei soveel as wat jy wil. Ons het hard gewerk in die nette en baie goed beplan, maar niks kan jou voorberei op die druk wat 'n mens in die middel gaan voel nie,” sê Anderson.
“Dit was op die ou end die verskil tussen die spanne. Ons het nie die druksituasies, met die kolf óf die bal, goed hanteer nie.”
Anderson, 'n veteraan van sewe reekse om die As, hoop dat hy aanstaande jaar as 37-jarige aan sy agtste een kan deelneem. Hy het 17 paaltjies in hierdie reeks laat kantel.
“Ek is steeds honger om te speel. Ek is baie ingenome dat ek deur al vyf toetse kon kom en heel goed kon boul.”
Hy het ook net goeie woorde gehad vir Joe Root, wat sy hospitaalbed verlaat het om 'n onbesliste uitslag te probeer afdwing.
“Australië is nie 'n maklike plek om te besoek of te speel nie, veral nie as jy verloor nie. Jy kan enige kaptein maar vra,” sê hy.
“Ek dink die manier hoe hy homself gedra het, is 'n bewys van sy leierskap. Hy was strykdeur 'n fantastiese leier en koelkop. Hy moet baie trots wees op wat hy hier vermag het.”
DAPPER ROOT DWING RESPEK AF
Joe Root, Engeland se krieketkaptein, is deur vriend en vyand geloof vir die moed wat hy gister gewys het.
Root het op die vyfde dag van die vyfde toets in Sydney vanuit sy hospitaalbed geklim om sy beenskutte aan te trek en die toets vir Engeland te probeer red.
Root (27) is Sondag oornag vir gastro-enteritis behandel, maar het hom na die Sydney Cricket Ground gehaas om te probeer om 'n onbesliste uitslag in die laaste toets af te dwing.
Hy het kortstondig gekolf en 'n 50-tal behaal, maar kon nie die beurtloesing keer nie.
Terwyl die Aussies hul klinkende oorwinning in die toets en die reeks gevier het, was Root aan die slaap in Engeland se kleedkamer. James Anderson het vir hom ingestaan en sy mediapligte afgehandel.
“Hy was heelaand wakker met die een of ander maagvirus,” het Anderson gesê.
“Ek dink die hitte van die afgelope paar dae het sy tol geëis. Hopelik sal 'n bietjie slaap en hidrasie hom weer regkry.
“Hy het nog glad nie geslaap nie, hy het nie geëet nie, hy het diarree gehad en was naar. Ek raai dat hy nie op die oomblik in 'n goeie toestand is nie.”
Root, wat op 42 kom voortkolf het, kon daarin slaag om 'n 50-tal aan te teken voordat sy simptome gedurende middagete vererger het.
“Dit het baie moed geneem vir hom om te kom kolf. Jy kon sien dat hy baie gesukkel het, veral toe hy tussen die paaltjies moes hardloop,” het Steve Smith, Australië se kaptein, van Root gesê.
“Hy's 'n taai persoon, so hy moes baie sleg gevoel het as hy nie ná middagete kom kolf het nie.”
Root was deurlopend gedurende die reeks onder skoot vir sy taktiese besluite as kaptein asook sy onvermoë om 'n 100-tal aan te teken. Anderson meen egter sy dapperheid van gister spreek boekdele van sy leierskap gedurende die reeks.
“Net om by die veld uit te kom, was reeds 'n dapper poging. En om daarna sy beenskutte aan te sit en te gaan kolf, was ongelooflik. Dit wys net watter tipe karakter hy het.
“Hy wil lei met sy voorbeeld. Hy was die hele toer lank 'n fantastiese kaptein.” – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie