Engele waak oor senior burgers se welstand
Swakopmunder reik nie net uit na bejaardes wat hulp benodig nie, maar ook na families wat tans deur moeilike tye gaan.
Tanja Bause – 'n Vrou van Swakopmund het aan die begin van die jaar besef baie bejaardes op dié kusdorp benodig hulp en dat sy en die gemeenskap baie meer kan doen om die lewens van mense te verbeter.
Volgens me. Annemarie Lusse het sy as kind van die Here in die Woord opdrag gekry om na die weduwees, kinders en bejaardes om te sien.
“Ek het besluit om te help waar ek kan en 'n Facebook- en WhatsApp-groep begin waarop versoeke vir hulp geplaas word. Elke persoon wat iets gee, is volgens my 'n engel en dus het ek op die naam Angels for Seniors besluit,” het sy gesê.
“Tans help ons mense op Swakopmund, maar mense van Windhoek het ook al navraag gedoen en wil graag betrokke in hul gemeenskap raak.
“Dit is net die Covid-19-inperkings wat dinge nou ietwat bemoeilik.”
Dit is nie net bejaardes wat by Angels for Seniors baat nie, maar ook families wat tans deur moeilike tye gaan en hulp benodig, hoewel die fokus op bejaardes is.
“Ons verleen hulp met kos, elektrisiteit, huishoudelike items asook klere. In die toekoms wil ons egter nog meer betrokke raak en byeenkomste vir bejaardes reël. Ons dink selfs daaraan om hulle te bederf met 'n gratis haarsny of voetmassering. Klein bederfies wat mense net goed laat voel. Soms moet hulle ook Windhoek toe gaan om die dokter of 'n spesialis te sien en Angels for Seniors wil ook graag met die onkostes help.”
Volgens Lusse is die gemeenskap positief teenoor die organisasie en het hulle van kos en klere tot komberse en elektrisiteit ontvang.
“Daar is ook mense wat net by die bejaardes besoek gaan aflê en net bietjie met hulle gesels.
“Tans help ons sowat 120 mense op Swakopmund. Die meeste van ons hulp en ondersteuning gaan aan die Welwitschia 1-ouetehuis.”
Belangstellendes wat graag by Angels for Seniors betrokke wil raak, kan op Facebook 'n boodskap los.
“Ek wil ook my dank uitspreek aan elke persoon of besigheid wat die organisasie met hul skenkings of tyd ondersteun het.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie