Engelsman bederf Grace se opskop
Gholf
Cobus Claassen - Dit was veronderstel om Branden Grace se partytjie te wees, maar Chris Paisley van Engeland het so op sy eie besluit dié opskop is syne.
Die draaiboek was dat Grace sy naam vir 'n eerste keer op die Suid-Afrikaanse Ope-trofee sou verewig, maar met 'n teenstander só koelkop en berekend soos die 31-jarige Paisley, was dit 'n verlore stryd.
Paisley, wat nog nooit 'n toernooi in die Europese reeks gewen het nie, het seker gemaak die Britse oorheersing in dié toernooi word voortgesit toe hy die titel met 'n foutlose vertoning met drie houe op die Glendower-gholfbaan verower het.
Hy het, soos verlede jaar se wenner, Graeme Storm, vooraf nie eens buiteperd-status gehad nie.
Die Engelsman het Vrydag in die tweede ronde die eerste keer voorgeloop en was ondanks die deurlopende teenwoordigheid van Grace
in sy truspieëltjie ten volle in beheer.
Alles het vroeg in die vierde ronde volgens plan verloop vir die tuisskare toe Grace, hul groot gunsteling, met 'n voëltjie en 'n arend weggespring het.
Dis Grace se dag, is voorspel toe die tweebal op die derde putjie afgeslaan het.
Grace se vroeë momentum, wat hom 'n voorsprong van twee houe gegee het, was egter van korte duur.
'n Dubbele brouhou op die syfer-3 sesde putjie – waar hy twee houe nodig gehad het om uit 'n sandkuil te kom – was die begin van sy teëspoed.
Dit terwyl Paisley, met die ondersteuning van sy vrou, Keri, as joggie, reeds op die tiende putjie vier houe tussen hom en die res opgebou het.
Hy het die druk oor sy laaste nege putjies soos 'n ou beroepspeler hanteer en het sy toernooi met rondtes van 66, 65, 70 en 66 afgesluit.
Dit het aan die kampioen 'n toernooitelling van 267 – 21 houe onder baansyfer – besorg.
Noem hom gerus Mnr. Bestendigheid. Hy het op slegs drie van sy 72 putjies 'n hou aan syfer afgestaan.
Grace het afgesluit met 'n 68 en was alleen tweede op 270 houe (–18).
Die belowende Pretorianer JC Ritchie het sy beste vir laaste gehou en het met ses voëltjies en twee arende 'n 65 aangeteken. Hy het welverdiend derde geëindig.
Jacques Kruyswijk en Jacques Blaauw van Suid-Afrika en die Zimbabwiër Scott Vincent was op 274 houe (–14) gesamentlik vierde.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie