Engen skenk groot aan Dare to Care
Engen skenk groot aan Dare to Care

Engen skenk groot aan Dare to Care

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Engen het die Dare to Care-droogterampfonds vanoggend ’n stewige hupstoot gegee met die aankondiging dat hy beoog om sowat N$1 miljoen per maand vir die volgende drie maande te skenk.

Engen sal van 1 Junie tot 31 Augustus 5c aan die fonds skenk op elke liter petrol wat die oliemaatskappy by enige van sy vulstasies landswyd verkoop.

“Ons teiken is om N$3 miljoen in te samel om die land se kommersiële en bestaansboere in hierdie uur van nood te help,” het mnr. Christian Li, Engen Namibia se besturende direkteur, vanoggend tydens ‘n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Die veldtog om boere tydens droogte te help om voer meer bekostigbaar te bekom deur dit te subsidieer, word gesamentlik deur twee landbou-unies bestuur: die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu).

Tog baat alle boere, kommunaal én kommersieël, by die program.

Die NLU se president, mnr. Ryno van der Merwe, het gesê die fonds se mikpunt is om N$10 miljoen in te samel.

“Tot dusver kon ons N$5,5 miljoen insamel, wat beteken 108 000 sakke veevoer kon reeds gesubsidieer word,” het hy gesê.

Necfu se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het gesê die Dare to Care-droogterampfonds verseker alle geld sal toepaslik en doeltreffend aangewend word, en Van der Merwe sê die fonds word deur eksterne ouditeure geoudit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!