Engen skenk ruim aan droogtefonds
Nog ‘n private maatskappy het besluit om boere in die droogte by te staan en hoop dit sal ander aanmoedig om ook te gee.
Elvira Hattingh - Engen Namibia het die Dare to Care-droogterampfonds ’n stewige hupstoot gegee toe die oliemaatskappy gister aangekondig het hy beoog om sowat N$1 miljoen per maand vir die volgende drie maande aan dié fonds te skenk.
Dit is een van die grootste skenkings wat die fonds tot dusver ontvang het.
Engen sal van 1 Junie tot 31 Augustus 5c aan die fonds skenk op elke liter petrol wat die oliemaatskappy by enige van sy vulstasies landswyd verkoop.
“Ons teiken is om N$3 miljoen in te samel om die land se kommersiële en bestaansboere in hierdie uur van nood te help,” het mnr. Christian Li, Engen Namibia se besturende direkteur, vanoggend tydens ‘n nuuskonferensie in Windhoek gesê.
“Hoe meer brandstof ons verkoop, hoe meer geld sal ons kan skenk. Ons kan nie wag tot die einde van die maand, wanneer ons weer bymekaar kan kom en die eerste tjek oorhandig nie,” het Li gesê.
Die veldtog om boere tydens droogte te help om voer meer bekostigbaar te bekom deur dit te subsidieer, word gesamentlik deur twee landbou-unies bestuur: die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu).
Tog baat alle boere, kommunaal én kommersieël, by die program.
Die NLU se president, mnr. Ryno van der Merwe, het gesê die fonds se mikpunt is om N$10 miljoen in te samel.
“Tot dusver kon ons N$5,5 miljoen insamel, wat beteken 108 000 sakke veevoer kon reeds gesubsidieer word,” het hy gesê.
Necfu se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het gesê die Dare to Care-droogterampfonds verseker alle geld sal toepaslik en doeltreffend aangewend word, en Van der Merwe sê die fonds word deur eksterne ouditeure, SGA Chartered Accountants and Auditors, geoudit.
Nghifindaka het gesê die Dare to Care-droogterampfonds beoog om die regering se pogings tot droogtehulp te komplementeer.
Van der Merwe het gesê die fonds is reeds in 2000 op die been gebring om slagoffers van veldbrande by te staan, maar dat dit intussen uitgebrei is om ook bystand aan slagoffers van vloede en plaasaanvalle te verleen, asook aan die San-gemeenskap.
Hy het gesê vanjaar is besluit die fonds sal tydens die droogte aangewend word om voer en lek te subsidieer sodat boere hul beeste van die veld af kan haal, hul toestand kan verbeter en hulle kan bemark.
Hy het die hoop uitgespreek dat Engen se bydrae ander vennote in die private sektor sal aanmoedig om ook ‘n bydrae te lewer.
“Dit is steeds nie te laat om by te dra nie,” het Van der Merwe gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie