Enig in sy soort in Namibië
Tanja Bause - Die Windhoek Veterinary Clinic is die eerste plek in die land waar van ’n trapmeul tot ’n tenk met water met die rehabilitasie van honde en katte help.
Die trapmeul en tenk is in April geïnstalleer nadat dr. Natascha Minnemann lank gedink het oor die moontlike vestiging van ’n rehabilitasiesentrum vir honde.
“Dit het omtrent ’n jaar gevat om die trapmeul en tenk te laat bou en te installeer, maar nou is dit gedoen en ons kan honde en katte help,” het Minnemann gesê.
Die water in die tenk word tot 34 grade verhit, voordat dit van onder af in die tenk gepomp word. Die watervlak hang af van die grootte van die hond en hoe diep die hond in die water moet wees. Die trapmeul word dan aangeskakel met die hond wat in die water daarop loop.
Die water word deur verskillende filters gesuiwer om dit skoon te hou en kan met goeie bestuur vyf jaar lank hergebruik word. Die tenk en trapmeul is die enigste in sy soort in Namibië.
“Veral honde wat in pyn verkeer, kan daarsonder in die water loop omdat dit hulle ondersteun. Honde wat oorgewig is, verloor ook vinniger gewig met die oefeninge in die water,” het Minneman gesê.
Volgens haar is die meeste honde gou aan die water gewoond en duur dit gewoonlik twee sessies voordat die diere sonder probleme die oefeninge baasraak.
Honde wat by die rehabilitasie baat, is dié wat onlangs ’n operasie ondergaan het, bene gebreek het, heupprobleme het of honde wat oorgewig is. Ook worshonde met rugprobleme put voordeel uit die rehabilitasie. Volgens Minneman vind verlamming by honde plaas wanneer een of meer van die kussinkies in die rugwerwel bars of lek.
“Die vloeistof het nêrens om te gaan nie en druk dus op die werwelkolom wat die die agterbene verlam. Wanneer die verlamming baie erg is, moet die hond geopereer word om die druk te verlig voordat die dier rehabilitasie kan ontvang.”
Van die honde word ook tydens rehabilitasie in ’n rolstoel gegord wat volgens hul mates gemaak is.
“Ek neem die mates van elke hond en my neef sweis die rolstoel. Ek werk dan die leibande met die hand aan en al is die hond verlam, word sy lewensgehalte met die rolstoel verbeter omdat hy weer kan beweeg en hardloop,” het sy gesê.
Minneman het vertel van die sesjarige worshond Zuka wat ’n operasie moes ondergaan omdat die kussinkies in haar rug gebars het. Haar agterpote is verlam en Zuka besoek vir die afgelope drie weke daagliks die kliniek vir ’n halfuur se rehabilitasie.
“Daar is ’n baie duidelike verbetering. Zuka was baie depressief toe sy verlam geraak het. Sy het opgehou vreet en begin bewe wanneer die ander honde begin hardloop het. Nou hardloop sy in haar rolstoel saam en sy vreet weer. Sy kan ook nou weer op haar eie opstaan en bly staan,” het me. Brigitte Alpers, haar eienaar, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie