Enkele informele markte mu00f4re reeds oop
Enkele informele markte mu00f4re reeds oop

Enkele informele markte môre reeds oop

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Windhoek se Oshetu-, Okahandja Park-en Soweto-mark mag reeds môre oopmaak, terwyl nog agt ­informele markte in die hoofstad na verwagting binnekort oopgemaak sal word sodra die markte ontsmet is.

Dit sal aan altesaam 243 ­informele handelaars in Windhoek die geleentheid gee om weer produkte te verkoop.

Dit volg ná 'n wysiging op 17 April in die Staatskoerant gepubliseer is waarvolgens streekrade, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede midde die inperkingstyd weer toegelaat word om markte te open waar noodsaaklike goedere en dienste verkoop word.

Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) het gister in 'n kennisgewing gesê tydens die inperkingstyd mag slegs kosprodukte hier verkoop word, wat vars vrugte en groente, rou vleis en vis, gedroogte voedsel en suiwelprodukte, grane en mele asook gekookte kos insluit.

Terselfdertyd moet daar aan sekere gesondheidsmaatreëls voldoen word, wat insluit dat water asook geriewe vir higiëne en sanitasie beskikbaar moet wees terwyl handelaars en kliënte te alle tye streng sosiale ­distansiëring moet handhaaf.

Handelaars en hul werknemers moet ook maskers dra.

Verder sal handelaars beurte moet maak om hul goedere op markte te verkoop waar daar te veel verkopers is en dit nie moontlik is om sosiale distansiëring toe te pas nie, terwyl slegs een werknemer per eienaar tans mag werk, mits sosiale afstand moontlik is.

Volgens die munisipaliteit beskik die Oshetu-gemeenskapsmark byvoorbeeld oor 53 koshandelaars, maar sal slegs 45 per dag toegelaat word om sake te doen.

Die Tukondjeni-mark, wat ook geoormerk is om ná ontsmetting oop te maak, het in totaal 122 handelaars. Slegs 41 van hierdie handelaars sal egter tegelykertyd in die mark toegelaat word.

Straatverkopers en ­ongemagtigde handelaars sal nie mag werk nie, terwyl alle handelaars net op gegewe plekke werksaam mag wees.

Markte mag net tussen 08:00 en 17:00 oop wees en sal van tyd tot tyd besoek word om seker te maak daar word aan die maatreëls voldoen. Indien nie, sal die markte weer gesluit word, is gesê.

Die munisipaliteit sê die aanvank­like maatreël dat alle informele ­handelsaktiwiteite tydens die inperkingstyd gestaak moes word, het 'n ernstige negatiewe uitwerking op informele handelaars gehad – veral op produsente en verkopers van vars vrugte en groente, wat bederfbaar is.

“Produsente staar groot verliese in die gesig as hulle nie hul produkte betyds verkoop nie en daar moet erkenning daaraan gegee word dat kos as 'n noodsaaklike produk gelys word. Ook is 'n groot deel van die bevolking afhanklik van informele handel en –markte, wat hul hoofbron van inkomste en oorlewing is,” het die munisipaliteit gesê.

Die ander informele markte in Windhoek wat ook binnekort sal open, is die Lyeeta-, Twahangana-, Ongehandambala-, Eliazer Tuhadeleni- en Nanghenda Kanduluma-mark, asook die Windhoek Vlooimark in Mandume Ndemufayorylaan en die Bokamoso-entrepreneursentrum in Hans Dietrich Gencherstraat.

Slegs 156 van die markte se altesaam 243 handelaars kan op een slag sake doen sodat daar gehoor gegee kan word aan maatreëls vir sosiale distansiëring. Dit beteken die handelaars sal mekaar moet afwissel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!