Enkelsnit bring boodskap van barmhartigheid, vryheid

KOLLIG
Yandi Du Plessis
Toe haar Afrika-swerftog haar drie maande gelede na Namibië gebring het, het die Suid-Afrikaanse sangeres en filantroop Ann Jangle met die plaaslike musieklegende Sagarias Tsam saamgespan om ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo in Nautilus Studios in Swakopmund op te neem.

“Free to run” is ’n 11 minuut-lange enkelsnit wat op 20 Augustus uitgereik is. Die liedjie is geskryf gedurende Ann se fietstoer van Suid-Afrika na Kenia, terwyl sy deur ’n klein dorpie in Tanzanië gependel het, en die storie daaragter is ’n unieke, roerende een.

“Die boodskap het deur die dorpies versprei dat ’n wit vrou op ’n fiets gekom het – ek vermoed deur die kinders wat in die strate saamgedrom het.

“’n Baie ou, goedhartige man het gevoel ek moet stop vir kos en water en het my by sy hut ingenooi. Sy vrou het sterwend op ’n opslaanbedjie gelê. Deur my baie gebrekkige Swahili kon ek agterkom dat sy vrou die gemeenskap al jare lank voed en om haar nagedagtenis te eer, het hy by haar oorgeneem en dieselfde begin doen.

“Ek het daardie aand tyd om die vuur deurgebring saam met hom – en die kinders wat in die bosse weggekruip het. Hy het om verskoning gevra vir sy sterwende vrou en daarop aangedring dat ek daar oornag.

“Ek was stomgeslaan deur hul barmhartigheid. Met byna geen aardse besittings om te bied nie, het hy my nog steeds kos en water gegee. Ek hoop ons paaie kruis eendag weer.”

Ann se goeie vriend, die plaaslike sanger Riaan Smit, het haar en Sagarias aan mekaar voorgestel. “Ons was verlief op sy stem en sy kitaarspeelstyl,” vertel sy.

Die twee het ’n maand lank saam opgetree en “geestelike bande deur musiek gevorm. Dis ’n eer om sy stem op my snitte te hoor”.

Kyk hier na die musiekvideo (QR): https://q.my.na/A8FO

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!