Enorme bedrag vir digitale kunswerk betaal
Hoe meer dae, hoe meer dinge. ’n Nuwe soort digitale bate het in die pandemietyd ’n stormloop onder beleggers en superrykes ontketen wat enorme bedrae geld betaal vir items wat net aanlyn bestaan.
Die kunsversamelaar Pablo Rodriguez-Fraile van Miami in die VSA het US$67 000 betaal vir ’n kunswerk wat vir tien sekondes op video vertoon word, ’n video wat hy gratis aanlyn kon sien. ’n Week later het hy dit vir US$6,6 miljoen verkoop.
Die video is deur die digitale kunstenaar Beeple, oftewel Mike Winkelmann, geskep.
“Jy kan in die Louvre in Parys ’n foto van Da Vinci se Mona Lisa-skildery neem, maar dit het geen waarde nie omdat dit nie deur die herkoms of geskiedenis van die werk vergesel word nie,” sê Rodriguez-Fraile.
“Ek het Beeple se kunswerk eerstens gekoop omdat ek die Amerikaanse kunstenaar se werk ken. Die rasionaal is dus dat dit ’n baie, baie waardevolle werk is juis omdat die skepper daarvan aan my bekend is.”
Beeple het twee weergawes van sy digitale kunswerk Crossroads geskep.
Die eerste weergawe sou ’n triomfantelike Donald Trump uitbeeld as hy die verkiesing gewen het.
Die werk wat verkoop is, stel Trump as verloorder voor en is ’n nabootsing van die oudpresident wat nakend op ’n sypaadjie lê. Sy lyf is vol woorde soos “loser” en “drink bleach”, alles verwysings na goed wat Trump oor die jare getwiet het.
Beeple is ’n bekende kunstenaar in die digitale kunswêreld. In Desember verlede jaar het hy digitale werke van altesaam US$3,5 miljoen van die hand gesit.
Volgens ’n mediaverklaring word hierdie soort digitale bate ’n nieverwisselbare item (NFT – non-fungible token) genoem. Blokkettingtegnologie word gebruik om die onderskeie items as die enigste in hul soort te waarmerk, in teenstelling met konvensionele aanlyn items wat eindeloos gereproduseer kan word.
Voorbeelde van NFT’s wissel van digitale kunswerke en sportkaartjies tot grond in virtuele omgewings of die eksklusiewe gebruik van ’n kriptogeld-beursienaam.
Dit stem ooreen met die stormloop vir domeinname in die vroeë dae van die internet.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie