Enorme pienk diamant kan US$30 m. haal
Die wêreld se grootste “fancy intense” pienk diamant word eersdaags opgeveil.
Hoewel die rekords nie gaan spat nie, is daar groot belangstelling in die Raj Pink, ’n knewel van 37,3 karaat. Die diamant word tans in Londen uitgestal.
Die steen is die hoogtepunt van Sotheby’s se veiling van merkwaardige juweliersware en edelstene op 14 November in Genève, Switserland.
Sotheby’s verwag dat die diamant tussen US$20 miljoen en US$30 miljoen sal haal.
“Fancy intense” is ’n kleurgradering op die Geological Institute of America (GIA) se skaal. Dit dui op ’n matige kleur, met “ fancy vivid” en “fancy deep” wat donkerder is en dus gewoonlik ook duurder.
Die GIA het die Raj Pink gegradeer.
Die Raj Pink is geslyp uit ’n diamant wat in 2015 ontdek is en meer as ’n jaar bestudeer is voordat ’n meesterslyper dit onder hande geneem het, sê Sotheby’s op sy webwerf. Dit word nêrens bekend gemaak presies waar die diamant ontdek is of hoe groot dit was voordat dit geslyp is nie.
So min as 0,02% van die wêreld se gegradeerde diamante is pienk.
Die duurste “fancy intense” diamant op die oomblik is die Graff Pink, wat in 2010 ook deur Sotheby’s in Genève opgeveil is vir US$46,1 miljoen. Dié diamant was 24,78 karaat.
Die rekord vir die duurste diamant wat al opgeveil is, behoort aan die Pink Star, ’n steen van 59,6 karaat wat Sotheby’s in April vanjaar in Hongkong vir US$71,3 miljoen opgeveil het. Die Pink Star is ’n “fancy vivid” diamant.
Sotheby’s veil in November ook twee “fancy intense” geel diamante op van onderskeidelik 82,47 en 102,54 karaat asook ’n “fancy vivid” blou diamant van 7,41 karaat. Die geel diamante staan as die Donnersmarck-diamante bekend en het aan die adellike Duitse familie Von Donnersmarck behoort.
Die Pink Star was 132,5 karaat ongeslyp toe dit in 1999 deur De Beers in Suid-Afrika gemyn is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie