• Tuisblad
  • Sake
  • Enorme wins vir Kumba danksy swak rand, duur erts
Enorme wins vir Kumba danksy swak rand, duur erts
Enorme wins vir Kumba danksy swak rand, duur erts

Enorme wins vir Kumba danksy swak rand, duur erts

Elvira Wood – Die swak rand en duur ystererts is hoekom Kumba Iron Ore ’n enorme wins van R21,3 miljard gemaak het in die jaar tot einde Desember 2019. Dit is 62% hoër as ’n jaar gelede.

Die maatskappy het vroeg Dinsdagoggend sy resultate bekend gemaak.

Dié filiaal van Anglo American sê in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat die $97 per ton gemiddelde prys wat hy in 2019 vir ystererts verdien het, 35% hoër was as ’n jaar tevore. Boonop was die wisselkoers van die rand teenoor die dollar op R14,35 9% laer as in 2018 wat beteken het dat Kumba selfs nog meer vir sy ystererts in randterme verdien het as teenoor ’n jaar tevore. Kumba se inkomste het te danke hieraan met 41% tot R64,3 miljard gestyg.

Sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) het met 62% tot R33,4 miljard gestyg.

Kumba se wesensverdienste per aandeel van R50,88 is 68% hoër as ’n jaar gelede.

Die maatskappy het ’n finale dividend van R15,99 per aandeel verklaar. Hy het dus ’n totale dividend van R46,78 vir die jaar betaal wanneer die tussentydse dividend van R30,79 per aandeel ingereken word, sê die maatskappy in die verklaring.

Themba Mkhwanazi, uitvoerende hoof van Kumba, sê in die verklaring hulle is veral by oor die prestasie, gegee die swakker binnelandse aanvraag na ystererts. Hy wys daarop dat ArelorMittal Suid-Afrika se besluit om sy staalaanleg in Saldanha te sluit, reeds daartoe gelei het dat hy minder ystererts verkoop het.

Kumba het gedurende 42,2 miljoen ton erts verkoop. Dit is 2,4% minder as die 43,3 miljoen ton wat in 2018 verkoop is. Hiervan het hy 40 miljoen ton uitgevoer en 2 miljoen ton aan die plaaslike mark verskaf.

Kumba se Sishen-ysterertsmyn bly ’n staatmaker. Dié myn het selfs nadat daar ongeskeduleerde instandhouding by die myn en die gepaardgaande aanleg uitgevoer moes word, net 1% minder ystererts gelewer as ’n jaar tevore.

Dié myn het in totaal 218,8 miljoen ton erts in 2019 gelewer.

Kumba begin Dinsdag teen R369,32 per aandeel op die JSE verhandel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!