Ensemble Phenomenal maak buiging by Kunsroete
Ensemble Phenomenal maak buiging by Kunsroete

Ensemble Phenomenal maak buiging by Kunsroete

Trio Feminale, Strings Attached, the Namibian, Coastal Symphonics en die Big Band van Swakopmund is name wat baie gewild onder Namibiërs geword het, maar die room van musici aan die Namibiese kus het al hul kundigheid bymekaargesit om die uitsonderlike Ensemble Phenomal te skep.

Hierdie groep bestaan uit Stefanie Hrywniak op fluit, Oliver Kittel en sy onderwyser Christa Lambrechts op viool, Susann Kinghorn op die tjello en Christiane Ast op die klawerbord.

Die drie laasgenoemde musikante is die afgelope 12 jaar bekend as Trio Feminale en het al op verskeie plekke opgetree.

Johan Kelber, ’n Pretoriase musikant, gaan vanjaar met sy tjello by die groep aansluit. Hoewel hierdie musikante al in verskeie ander groepe was, sal Ensemble Phenomenal vanjaar hul debuut by die Omaruru Kunsroete maak.

Die groep gaan nie net ander musikante soos Kevin Leo en Liza Ehlers begelei nie, maar ook hul eie konsert aanbied.

Van die werke wat hulle gaan uitvoer, is musiek wat hoofsaaklik uit die klassieke genre kom en sluit The Czardas (V. Monty), The Can-Can (Joffenbach) Carmen Suite (G. Bizet) and a Tango: Poruna Cabeza (C. Gardel) in. Ensemble Phenomal gaan ook ‘n verskeidenheid uit The Lion King uitvoer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer