Ent in en kry N$2 000
Namdeb bied ’n kontantaansporing vir sy werknemers en kontrakteurs om ingeënt te word.
Augetto Graig – Namdeb het bevestig die maatskappy sal N$2 000 in kontant aan sy werknemers en kontrakteurs uitbetaal wat voor die einde Februarie ingeënt word.
Dit is deel van aansporings wat dié staatsonderneming, ’n vennootskap tussen wêrelddiamantreus De Beers en die regering, geïmplementeer het.
Die uitvoerende hoof van Namdeb, mnr. Riaan Burger, ondersteun die inisiatief.
“Die veiligheid en welstand van ons werknemers, gemeenskap en belanghebbers is van uiterste belang. Covid-19 het nie net tragiese gevolge vir so baie mense in ons land nie, maar het ook ’n negatiewe impak op ons bedrywighede gehad met baie werknemers wat in isolasie is en nie in staat is om hul verpligtinge na te kom nie,” sê hy.
Burger sê die diamantmaatskappy is toegewy om hospitalisasie te bekamp en te verhoed dat meer lewens weens Covid-19 verloor word.
“Ons moedig dus elke werknemer en kontrakteur in ons maatskappy aan om ingeënt te word. Om die poging te dryf is almal in Namdeb se senior bestuurspan reeds volledig teen die virus ingeënt,” sê hy.
Burger sê Namdeb skep doelbewus bewustheid oor die voorkoming van Covid-19 en die handhawing van beheermaatreëls binne die maatskappy.
“Daarom hou ons aan om geleenthede te ondersoek om ons werknemers en kontrakteurs aan te moedig om die ent te kry,” sê hy.
Die kennisgewing oor die N$2 000-aansporing sê die geld sal deur e-wallet uitbetaal word as die werknemer of kontrakteur ’n inentingskaart kan toon, en die aanbod is tot Februarie 2022 geldig.
Namdeb het sowat 1 500 werknemers en die ongeveer 960 werknemers van kontrakteurs is ook ingesluit.
Die maatskappy is lank ’n voorloper in die nasionale stryd teen Covid-19 en het ’n toetslaboratorium op Oranjemund gevestig, ’n inbel-inligtingsentrum vir die kusdorp asook ’n Covid-19-saal vir die dorp se hospitaal insluitend beddens, toetstoerusting en ventilators. Saam met De Beers en sustermaatskappye Debmarine Namibia en NDTC het hulle altesaam N$26 miljoen aan die regering se inentingsveldtog geskenk, sê Burger.
Die eerste noodvragsuurstof is ook deur die Namibiese sakekamer aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk. Inentingspanne is by Namdeb-persele verwelkom en werknemers is verlof gegee om te kan inent, sê hy.
“Duidelike bewyse bestaan dat inenting die risiko van hospitalisasie en die dood aansienlik verminder. Ons het bykomende aansporings ingestel om inentings aan te moedig. Namdeb bly standvastig in ons poging om die impak van die Covid-19-pandemie te versag en ons sal voortgaan om geteikende ingrypings uit te voer wat daarop gemik is om deelname aan die inentingsveldtog aan te moedig,” sê hy.
– [email protected]
FOTO
Namdeb het al in Junie 2020 sy eie Covid-19-toetslaboratorium op Oranjemund gevestig. Foto Namdeb

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie