Entrepreneur vind nuwe rigting ná die pandemie
Tanja Bause – “Mense moet hul passie volg. Baie van ons wil geld najaag. Ons sien mens is suksesvol en wil doen wat hulle doen en reken ons sal dan ook suksesvol wees, maar dit werk nie altyd so nie. Mense is suksesvol omdat hulle hul passie nastreef. So, volg jou passie en sukses sal kom. Ek is gek oor wat ek nou doen en gemotiveerd deur die resultate wat ek behaal. Dit spoor my aan om nog beter te doen. Die geld wat ek maak, is 'n bonus,” vertel die tuinier mnr. Martin Elago.
Martin (35) is in Angola gebore, maar het in Namibië by sy pa grootgeword.
“Ek het my groen vingers van my pa geërf. Ek was al van kleins af lief vir plante. My pa het in landbou gewerk en hy het my altyd geroep om hom in die tuin en met die plante te help.”
Sy pa wou hê hy moet landbou studeer, maar Martin het ander planne gehad.
“Ek het plaaslike bestuur by Unam gestudeer en nadat ek gegradueer het, het ek bankfinansiering en -kreditering by die Institute of Bankers (IOB) studeer. Nadat ek gegradueer het, het Covid-19 gekom en ek kon nie werk kry nie.”
Ná die eerste hoktyd het mense hul werk begin verloor.
“Ek het gedink ek staan geen kans om 'n werk te kry as mense met ervaring besig is om hul werk te verloor nie. Ek het besluit om iets te doen wat ek kan doen. Ek het terug na landbou gegaan en begin plant en in die proses agtergekom dis eintlik my passie. Dis ook baie lekker om my eie baas te kan wees.”
Martin plant saad wat hy koop het, asook saad van vrugte wat hy geëet het en ook stiggies.
Hy plant hoofsaaklik vrugtebome insluitend koejawel, sitrus, mango, granate, papaja en plantain. Hy het ook 'n paar skadubome, blomme en vetplante.
“Die vetplante is 'n voorbeeld van plante wat maklik van stiggies groei. Ek het nie 'n plant wat ek kan uitsonder nie. Ek is lief vir alle plante en sodra hulle groei, maak dit my gelukkig.”
Hy het baie plante gehad, maar het nie geweet waar om dit te verkoop nie – totdat 'n vriend hom vertel het van 'n inkoopsentrum in Pionierspark.
“Ek het my plante daar begin verkoop, maar die kliënte was skaars, omdat ons plek bietjie weggesteek was. 'n Man het vir my van Klein Windhoek vertel en in November 2020 het ek soontoe geskuif.”
Intussen het hy vir me. Ester Simon aangestel om dié stalletjie te beman.
“Elke dag vat ek my 25 liter-waterkan in 'n taxi en ry daarheen om my plante nat te lei,” sê hy.
Spasie by sy plek in Nelson Mandelarylaan is beperk en mense is welkom om by sy huis van sy bome en plante te kies en keur. Kontak Martin by 081 559 1500.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie