Entrepreneurs 'dra byna niks tot SA ekonomie by'
Entrepreneurs se ondernemings groei nie op 'n vlak en tempo wat die ekonomie wesenlik raak nie.
Elvira Wood
Suid-Afrikaanse entrepreneurs floreer nie.
Die afgelope vyf jaar het hul omset nie beduidend toegeneem nie, hul uitdagings het dieselfde gebly en boonop kom hulle voor nuwe uitdagings soos beurtkrag, xenofobie en 'n onstabiele rand te staan.
Entrepreneurs se ondernemings groei dus nie op 'n vlak en tempo wat die ekonomie wesenlik sal raak nie.
Dit is die bevindinge van Seed Academy se jongste verslag oor die stand van entrepreneurskap in Suid-Afrika.
“Hoewel daar op 'n jaar-tot-jaar-grondslag groei is, is daar geen noemenswaardige skuiwe wat gaan help om die ekonomie om te swaai om die ambisieuse doelwitte vir werkskepping en ekonomiese groei te bereik nie,” lui die verslag.
“Groot veranderinge, hoewel dit op die hoogste vlakke bespreek word, moet nou geïmplementeer word.”
Seed Academy het 15 000 entrepreneurs landwyd genader om aan sy peiling deel te neem. Van hulle is sowat 55% in Gauteng en 55% mans. Verreweg die meeste is swart (68%) en tussen 25 en 44 jaar oud (60%).
Entrepreneurs blyk ook goed geskoold te wees met sowat 65% van hulle wat 'n naskoolse kwalifikasie het en 40% met meer as tien jaar se ervaring as entrepreneur agter die rug.
Die peiling wys dat die grootste uitdagings waardeur entrepreneurs in die gesig gestaar word, is om kliënte te kry, hul onvermoë om finansiering te bekom, die stadige pas waarteen hul produkte en/of dienste verkoop word, kliënte wat laat betaal en die onvoorspelbaarheid van die stand van die sakeomgewing.
Die peiling wys dat die meeste entrepreneurs se inkomste minder as R50 000 per jaar is. Hulle werk meestal op hul eie en van hul huis af.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie