Entstofmandate word deur verskeie wette ondersteun
Die Namibiese regering oorweeg tans nie enige wetgewing wat inenting verpligtend maak nie.
Henriette Lamprecht – Die belangrikste grondwetlike regte wat moontlik ingeperk kan word deur 'n entstofmandaat vir werknemers, is die reg op persoonlike vryheid, die reg op menswaardigheid en die reg om enige beroep te beoefen of handel of besigheid te bedryf.
In die grondwet verwys artikels 7, 8 en 21 (1)(j) onderskeidelik na dié regte.
“Die belangrikste vraag is of die inmenging met dié regte deur 'n entstofmandaat, opgelê deur individuele werkgewers om die gesondheid van hul werknemers en ander persone te beskerm, 'n redelike en geregverdigde inmenging met hierdie regte is,” sê die Regshulpsentrum (LAC) in 'n ondersoek na die Namibiese regsagtergrond tot entstofmandate, asook onlangse regsverwikkelings in die res van die wêreld.
Die Namibiese regering oorweeg tans nie enige wetgewing wat inenting verpligtend maak nie. Dit huldig die standpunt dat die risiko om Covid-19 op te doen, swaarder weeg as die risiko om ingeënt te word en dat entstowwe wat in die land gebruik word, hoofsaaklik veilig en doeltreffend, met ernstige newe-effekte wat baie raar is.
Volgens die LAC vestig Namibiese regspraak 'n reg tot persoonlike mediese outonomie, maar nie as 'n absolute reg nie.
“Die regsuitspraak dui ook aan dat regsbeperkings in die werksomgewing regverdigbaar kan wees waar dit redelik met openbare gesondheid en veiligheid verband hou.”
ARBEIDSWET
Namibië se arbeidswet voorsien ook gesag aan werkgewers om entstofmandate op te lê en ondersteun die argument dat werkgewers 'n verpligting het om werkers en lede van die algemene publiek te beskerm wat in kontak met die werksomgewing kom.
Met verwysing na die wet op openbare en omgewingsgesondheid sê die LAC dit blyk die regering – om voldoende gesag vir nasionale regulasies vir entstofmandate te verskaf – sou verkies om in die toekoms dié roete te volg.
Daar is geen spesifieke regsowerheid met betrekking tot entstofvereistes wat opgelê word vir ander persele of geleenthede nie, maar die reg tot vryheid van assosiasie en die verpligting om te beskerm teen skade teen ander, sal volgens die LAC voldoende gesag in dié gevalle wees.
In dié verband gebruik die sentrum die voorbeeld van 'n persoon wat messe rondswaai of 'n persoon wat duidelik dronk en buite beheer is en wettiglik by 'n geleentheid weggewys word of verhoed word om die perseel te betree om die veiligheid van ander te beskerm.
Die sentrum verwys ook na bepalings in die wet vir korrektiewe dienste wat die mediese beampte of korrektiewe instelling die mag gee om 'n gevangene sonder sy toestemming teen siekte in te ent.
Die verdedigingswet se bepaling vir verpligte immunisering sê ook daar kan van enige lid van die weermag of enige ondersteunende dienste, mediese dienste of reserwemag vereis word om “van tyd tot tyd deur 'n voorgeskrewe owerheid teen 'n oordraagbare, aansteeklike of epidemiese siekte” ingeënt te word.
INTERNASIONAAL
Dit haal ook 'n amptelike verslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) aan wat fokus op of werknemers verplig kan word om toegang tot die werkplek te kry.
Volgens dié verslag spreek internasionale arbeidstandaarde nie direk die kwessie van verpligte inentings as 'n werksvoorwaarde aan nie, met die regsbasis vir sulke maatreëls wat van nasionale regsraamwerke sou afhang.
Die ILO sluit egter nie die moontlikheid uit dat inenting in sommige gevalle nodig is nie.
“Sosiale dialoog en konsultasies blyk die beste manier te wees om vas te stel of inenting, gebaseer op objektiewe kriteria, inderdaad vereis mag word vir geoormerkte werkgeleenthede.”
Die organisasie beklemtoon, sou inenting deur 'n werkgewer vereis word, dit op 'n nie-diskriminerende manier, met gepaste uitsonderings en aanpassings geïmplementeer moet word.
Die vereiste inenting moet ook gratis vir werknemers wees.
Sou 'n entstofmandaat wél by 'n werkplek ingestel word, moet dit volgens die LAC onder meer ontwikkel word ná konsultasie met die geraakte werknemers.
Oorweging moet geskenk word aan alternatiewe vir werknemers wat hulself nie wil laat inent nie (gereelde toetsing en maskers), inligting oor die entstofsituasie moet aan lede van die publiek gegee word wat moontlik in kontak met dié werknemers mag kom en laastens dat bona fide godsdienstige besware en mediese uitsonderings in ag geneem word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie