Entveldtog herwin min momentum
'n Lig skyn in die tonnel met nuus dat nuwe voorrade entstof binnekort in die land verwag word, maar die agterstand groei weens voortgesette tekorte in sekere distrikte.
Dani Booysen – Ná aanvanklike konsternasie weens die geleidelike uitputting van Namibië se entstofvoorrade teen Covid-19, is verlede week effens meer eerste inentings toegedien as die week tevore.
Indien 'n nuwe besending Sinopharm soos verwag dié week in die land aankom, en bykomende vragte in die weke wat volg, sal die verlore momentum hopelik herstel.
Tekorte het egter daaglikse gemiddeldes aansienlik verminder – wat die vereiste inhaalwerk om by die teiken van 5 000 eerste inentings per dag te kom, laat toeneem.
Sedert die immuniseringsveldtog op 19 Maart begin het, is 1 145 eerste spuite per dag toegedien; gemeet oor al sewe dae van die week. Aan die einde van Junie was die syfer meer as 1 200.
Nadat die aantal eerste inentings per week (6 432) twee weke gelede met gemiddeld 60% afgeneem het, is die afgelope week 7 091 eerste spuite toegedien. Soms was die toename baie effentjies, maar in tien uit 14 streke was daar wel 'n toename. In die Ohangwenastreek is verlede week 706 eerste inentings gedoen – die meeste in vyf weke. Meer as 800 sulke inentings is in die Oshanastreek gedoen, waar die kruin tot dusver net minder as 1 000 was.
In Windhoek is net 914 eerste spuite toegedien, teenoor 872 die week tevore. Gewoonlik is byna 5 000 eerste inentings per week hier gedoen. In die hoofstad is vir 'n deel van verlede week net een inentingspunt gebruik, waar immunisering volgens sekere lesers teen 'n slakkepas geskied het, terwyl voorrade in die hoofstad en elders die week en verlede week opnuut opgedroog het.
Afnames in eerste spuite het verder toegeneem in Omaheke, Oshikoto, Otjozondjupa en Zambezi. Die herverspreiding van entstowwe kon dus nie alle gate toestop nie.
Die kaart in ons grafika wys hoe ver in elke streek teen Sondag gevorder is met die mikpunt om 60% van inwoners teen die einde van die jaar met minstens een dosis in te ent.
Die totaal vir die afgelope naweek, 658 eerste inentings, is nie 100% akkuraat nie omdat enkele streke se syfers laat ingedien is.
TWEEDE SPUITE
Hoewel gesondheidsowerhede aanvanklik gelas het dat net eerste inentings moet plaasvind totdat nuwe voorrade van arriveer, word opvolgspuite steeds in die meeste streke toegedien.
Verlede week is nog 4 639 persone landwyd volledig geïmmuniseer.
Die week tevore was die getal net 2 663. Drie weke gelede se totaal was 3 732 en die week voor dit is 4 974 tweede inentings gedoen – die meeste nog.
Weens weersprekende boodskappe oor presies hoeveel entstof nog in voorraad is van die aanvanklike besendings, is die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste genader om bestaande syfers na te gaan. Geen reaksie is nog op die versoek ontvang nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie