EOH kan herstel
EOH se aandeelprys het oor die afgelope 12 maande ’n opbrengs van -15,7% gelewer.
Francois Williams - Markontleders verwag ’n herstel in die aandeelprys van die IT-maatskappy EOH wat Dinsdag in ’n stadium met byna 12% getuimel het in reaksie op ’n artikel in die sakeblad Business Report.
EOH se direksie het Dinsdag selfs besluit om ’n verduidelikende verklaring op die JSE se Sens-nuusdiens uit te stuur in ’n poging om beleggers se gemoedere te kalmeer. EOH meen die Business Report-artikel, wat verwys het na ’n vorige berig deur die amaBhungane-ondersoekspan, herhaal net die “vals en ongegronde insinuasies” van die vorige berig en verskaf nie nuwe inligting nie.
Die berigte verwys na ’n tenderkontrak wat EOH met die regering se welsynsagentskap Sassa het om IT-dienste te lewer, maar ook na ’n beweerde konneksie tussen EOH en Lunga Ncwana, ’n tussenganger wat glo goeie bande het met Babathini Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling.
EOH se direksie sê die maatskappy was nog nooit betrokke by die kontrak tussen Sassa en Cash Paymaster Services oor die uitbetaling van welsynstoelaes nie, en het ook nie enige planne om in die toekoms met die uitbetaling van toelaes van Sassa betrokke te raak nie. EOH het beklemtoon hulle lewer al vir agt jaar dienste aan Sassa en die tenders wat hy gekry het van Sassa is op meriete toegeken nadat dit oop en deursigtige tenderprosesse ingevolge die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies gevolg het.
Geen meriete
EOH het gemaan hy oorweeg alle opsies vir regstellende optrede wat betref enige skade wat die beriggewing aan EOH en sy belanghebbers gerig het.
Markontleders meen die bewerings het nie meriete nie, en die aandeelprys behoort te herstel.
Hoewel EOH tans teen ’n vooruit-prysverdienste-veelvoud van 13,5 nie te duur lyk nie, sê FNB Securities hulle hersien wel hul beraming oor die maatskappy.
EOH se aandeelprys het Dinsdagoggend met 11,8% tot soveel as R112 geval, maar ná EOH se Sens-verklaring het verhandeling herstel tot rondom R115,80, wat steeds 8,8% laer is as Maandag se sluitingsprys van R126,99.
Die aandeelprys het oor die afgelope 12 maande egter ’n opbrengs van -15,7% gelewer, en in die kalenderjaar tot dusver is die opbrengs -29%.
EOH se stigter, Ashe Bohbot, het in Mei aangekondig hy tree einde Junie uit ná 19 jaar aan die stuur. Die aandeelprys is al sedert Oktober 2016 egter in ’n daaltendens ná ’n jaarhoogtepunt van byna R175 per aandeel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie