• Tuisblad
  • Sake
  • EOH sê gou oor R1,2 mjd. se ‘verdagte’ transaksies
EOH su00ea gou oor R1,2 mjd. se u2018verdagteu2019 transaksies
EOH su00ea gou oor R1,2 mjd. se u2018verdagteu2019 transaksies

EOH sê gou oor R1,2 mjd. se ‘verdagte’ transaksies

Elvira Wood – Suid-Afrika se grootste inligtingstegnologiemaatskappy, EOH, sê op 15 Oktober presies wat die finansiële invloed van tenderknoeiery, onetiese sakepraktyke en “verdagte betalings” ter waarde van R1,2 miljard op hom is.

EOH het Donderdagaand in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê die adviesfirma ENSafrica het sy ondersoek na dié gebeure afgehandel.

EOH sê dit blyk dat die ongerymdhede hoofsaaklik beperk is tot kontrakte met die openbare sektor wat deur EOH

Mthombo uitgevoer is, en dat net ’n beperkte aantal werknemers daarby betrokke was.

“ENSafrica het EOH gehelp met die indien van verdere verslae aan die owerhede in ooreenstemming met ons statutêre verslagdoeningsverpligtinge, en het ook begin om strafregtelike aanklagte in te dien en ander regsprosesse van stapel te stuur om verliese te verhaal wat deur die oortreders veroorsaak is,” lui die verklaring.

“EOH het ook nou die huidige en verwagte finansiële invloed van die bevindings geraam en sal die besonderhede daarvan verskaf met die bekendmaking van sy resultate vir die jaar tot einde Julie op 15 Oktober.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!