Eos koop Panel to Panel

Planne om produkte uit te brei sien die lig.
Augetto Graig
Augetto Graig - Voorafvervaardigde panele word toenemend op Namibiese dorpe en paaie gebruik.

'n Voorloper in die bedryf is Panel to Panel op Walvisbaai. Hul fabriek vervaardig ver­skeie soorte panele en dié tegnologie word landswyd versprei.

Die afgelope week het Eos Capital aangekondig hy het Panel to Panel isolasiepaneelvervaardigers se meerderheidsaandeel gekoop. Daar word glo nog net gewag op goedkeuring van die Namibiese Kompetisiekommissie.

Eos se uitvoerende voorsitter, mnr. Johannes !Gawaxab, sê dit is interessant dat daar 'n 40% vermindering in die invoer van voorafvervaardigde panele sedert 2012 is. Dit dui daarop dat plaas­like produksie invoere vervang.

“Nog 'n Namibiese suksesverhaal in vervaardiging bewys dat Namibië die regte stappe doen om te industrialiseer en om plaaslike waarde te skep. Dit strook met die regering se 'home-grown'-strategie. Ons is baie trots hierop,” sê hy.

Die onderneming is in 2005 deur mnr. Francois Kotze gestig en spog met 75 werknemers onder die leiding van 'n dinamiese bestuurspan.

Panel to Panel verskaf isolasiepanele aan kon­trakteurs en gewone verbruikers vir 'n verskeidenheid gebruike soos in koelkamers, steriele omgewings en voorafvervaardigde behuising.

Dit word ook in die visvangbedryf, slaghuise, rusoorde, farmaseutiese fabrieke en die openbare sektor gebruik.

Volgens Eos se media­verklaring maak die wye aanvraag die besigheid aantreklik vanuit 'n risiko­perspektief.

Die onderneming het oor die jare ontwikkel en bedien vandag kliënte van dwarsoor die land met panele wat uit polistireen vervaardig word.

Volgens mnr. Jacques Crowther, Panel to Panel se finansiële direkteur, is daar planne om hul reeks produkte binnekort uit te brei.

“Ons sien uit daarna om saam met Eos te werk om die besigheid te formaliseer en te ontwikkel terwyl ons dieselfde uitstekende kliëntediens en passie vir wat ons doen, handhaaf,” sê hy.

Eos, onder die leiding van !Gawaxab, met me. Nicole Maske as uitvoerende hoof en mnr. Ekkehard Friedrich as inligtingshoof, bestuur sedert Oktober 2015 die Allegrow-fonds van N$460 miljoen wat op Namibiese ontwikkeling en groei fokus.

Hul mandaat is om te belê in Namibiese maat­skappye met die potensiaal om vinnig te groei.

In 2016 het die fonds ook die meerderheidsaandeel in Elso Holdings gekoop. Dié onderneming is vervaardigers van skoonmaakmiddels en papierprodukte.

Hulle het ook die groter aandeel in die Welwitschia School for Integrated Learning in Windhoek gekoop en die kleiner aandeel in Fabupharm, 'n plaaslike medisyne- en kosmetiese vervaardiger.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!