EPA-ooreenkoms onderteken
Die Verenigde Koninkryk (VK) het verlede Woensdag amptelik die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met die vyf lande in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en Mosambiek se handelsministers by ’n Statebondsvergadering onderteken.
Die vergadering het in Londen plaasgevind.
Die vyf Sacu-lande is Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en eSwatini.
Hierdie verwikkeling beteken Namibiese landbouprodukte soos beesvleis, dadels en tafeldruiwe kan ná Brexit op 31 Oktober steeds sonder enige tarief- en kwotabeperkings na Brittanje uitgevoer word.
Die Britse hoë kommissaris in Namibië, me. Kate Airey, het onlangs aan Republikein se Ronelle Rademeyer gesê dít verseker ’n ongehinderde voortsetting van uitvoere na Brittanje.
Sy sê dit is veral vir die Namibiese landbougemeenskap goeie nuus.
Sowat 90% van Meatco se beesvleisuitvoere gaan na die Britse mark, terwyl tafeldruiwe, dadels en ander produkte ook van Namibië na Brittanje uitgevoer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie