Epalela se visplaas word opgeknap
Epalela se visplaas word opgeknap

Epalela se visplaas word opgeknap

Gerine Hoff
Die Nasionale Viskorporasie (Fishcor) het N$2 miljoen geskenk vir die opknapping van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se Epalela-visplaas.
Die opknappingswerk is tussen Maart en Mei vanjaar uitgevoer en is vroeër hierdie maand deur die minister, mnr. Bernhard Esau, heropen.
Hy het gesê die regering het die visplaas tussen 2003 en 2006 teen ’n bedrag van N$9,2 miljoen opgerig. Die konstruksie van 12 gronddamme, nege betondamme, ’n besproeiingstelseldam, ’n pomp en pypleidings vanaf die waterkanaal na die damme sowel as die plaasheinings, kantoorgebou, slaghuis, skuur, koshuis en die bestuurder se huis asook voer- en werkswinkel is in 2006 voltooi.
Esau het gesê die opknappings is uitgevoer omdat die koshuis nie op standaard was nie en omdat die geboue ’n nuwe laag verf benodig het. Instandhouding was ook nodig.
“Dit alles het my kantoor genoop om geld te bekom sodat die vervalle ­fasiliteite by die visplaas opgeknap kon word,” het hy gesê.
Met dank vir die finansiële ondersteuning, het Esau gesê die regering sou graag wou sien dat die sakesektor hulle halfpad ontmoet om bydraes te maak tot die land se ontwikkeling.
“Fishcor se gebaar word hoog op prys gestel. Ek moedig ander besighede aan om hulle voorbeeld te volg en om by te dra tot nasionale ontwikkelingsprojekte.”
Epalela is die grootste visplaas in regeringsbesit wat verantwoordelik is vir die produksie, ­voorsiening en bemarking van varswatervis.
Fishcor is die beheermaatskappy van Sea­flower Whitefish Corporation waarin die ministerie van visserye en mariene hulpbronne ’n aandeelhouer is.
Op sy beurt het die voorsitter van Fishcor se raad, mnr. James Hatuikulipi, gesê akwakultuur – wat eens baie goed ontwikkel was – ’n noodsaaklike rol speel in voedselsekuriteit, werkskepping en inkomste generering vir landelike gemeenskappe.
Die doel met die opknappings was om behoorlike bestuur van die fasiliteite te verseker, die lewenstandaard van personeel en studente te verbeter deur die verskaffing van behoorlike verblyfgeriewe en ook om die gehalte van vis te verseker. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!