Epic Land: Amy Schoeman stel negende boek vry
Elvira Hattingh – Ek ontmoet die bekende Namibiese fotograaf, skrywer en redakteur Amy Schoeman vir ? onderhoud in haar huis in Windhoek.
Die afgetrede Schoeman het onlangs haar negende boek, Epic Land, vrygestel, “? prentjieboek met teks”, soos sy dit noem. Dit bevat ? leeftyd se werk en sy is baie tevrede met die boek.
Amy het destyds bekendheid verwerf met haar eerste fotoboek, Skeleton Coast, wat in 1984 verskyn het. Die boek is daarna in 1986, 1988, 1989, 1996, 2000 en in 2003 opdateer en herdruk en in 2011 vir die laaste keer as ? mede-publikasie deur Venture Publikasies (Windhoek) en Protea Boekhuis (Pretoria) gedruk.
“Skeleton Coast was een van my suksesvolste boeke. Die boek is deur verskeie uitgewers uitgegee en het al ses verskillende voorblaaie gehad. Snaaks genoeg was die gunsteling voorblad wat uitgewers wou hê ? foto van ? wrak. Ek dink die sukses van die boek het te doen met die feit dat dit oor ? Skedelkus gaan. Dit is vir die publiek aangrypend.”
Amy skryf reeds sedert sy in 1977 in Windhoek by natuurbewaring as foto-joernalis begin werk het. Sy is later as hoof van die inligtingsafdeling aangestel. Nadat sy aangestel is, het sy gou agtergekom sy weet nie genoeg van die natuur nie. Sy het elke twee weke in die koerant ? artikel oor die natuur gepubliseer met die doel om op so manier meer daarvan te leer. Die artikels is later in drie boeke, naamlik Notes on nature, Notes on nature 2 en Notes on nature 3, saamgevat.
Ander boeke wat sy geskryf het, sluit in Tones & Textures (Clifton Publiseerders, Kaapstad, 1987); Kolmanskop – Past and Present (Klaus Hess Publiseerders, Göttingen Duitsland, 2004); ? kortverhaal in Impressions of Independence – Six Namibian Stories (Gamsberg Macmillan, Windhoek, 1991); en Mirage & other stories (Gamsberg Macmillan, Windhoek, 2003). Die boek This is not a flowerpot wat in 2013 vrygestel is, was haar eerste novelle.
Epic Land
Amy het besluit sy wil haar werk as fotograaf eerder in boeke verewig as om uitstallings te hou.
Sy sê een van haar vriende, Danie Botha, reis dikwels en probeer altyd vir haar uitstallings reël in die lande waar hy reis.
“Ek sê toe vir hom, Danie, ek het al so baie uitstallings gehou en dit het my my lewe lank net in die rooi gehou.
“Ek het in 2008 ? groot retrospektiewe uitstalling in Stellenbosch gehad. Ek moes ? lening daarvoor gaan uitneem. Toe besluit ek, Schoeman, jy moet nou endkry hiermee. Dis ‘undignifying’ om op jou ouderdom nog in die rooi te wees.”
Sy sê sy het ná daardie uitstalling ? ooreenkoms met die bankbestuurder aangegaan om " uit die rooi te kom" , op voorwaarde dat sy ophou om uitstallings te hou. Sy het daarna egter nog ‘n klein uitstalling by die Opera House-galery gehad.
“Ek sê toe vir Danie ek wil eerder my fotografie deur boeke bewaar. Toe kom ons op die idee van die prentjieboek met teks.”
Amy het met Danie en prof André Du Pisanie (voorsitter van die nasionale kommissie vir navorsing, wetenskap en tegnologie) oor die boek gepraat. “Soos ek dit onthou, was dit André wat met die titel Epic Land vorendag gekom het.”
“Dit is jare se werk hierdie, dit vertel van baie rondry oor baie jare. Die boek is in sewe reekse of portefeuljes ingedeel.”
Epic Land bevat foto’s van die hele land en ook bekende plekke soos die Mukurob (die Vingerklip wat in 1988 omgeval het) en Sossusvlei. Die uitgewers het van ? goeie ontwerper gebruik gemaak en die kleure vir die onderskeie afdelings in die boek is goed gekies, sê Amy. Warm kleure omraam foto’s van Sossusvlei se duine en die groen Caprivi, terwyl ? groen kleur gebruik is rondom wit-en-swart foto’s.
Die uitgewers het haar ook glo beopdrag om “nie te kunstige foto’s” vir die boek te kies nie.
“Dit is egter juis met kunsfoto’s waarmee ek naam gemaak het,” sê Amy.
Epic Land bevat ook verskeie foto’s vanuit die lug wat Schoeman geneem het toe sy saam met haar oorlede man, Louw, oor die Skedelkus gevlieg het.
“Louw het toere na die Skedelkus onderneem en ons het met ? klein vliegtuigie ? tegniek ontwikkel om die lugfoto’s te neem. Vir lugfoto’s is die vliegtuig se vlerk altyd in die pad. Ons het toe die deur afgehaal en ek is baie goed ingegespe. Dan draai hy die vliegtuig sodat ek ? regaf foto by die deur uit kon neem.”
Die nuwe boek bevat ook foto’s uit ? projek wat Amy saam met die Namibiese modeontwerper Melanie Harteveld-Becker aangepak het. Amy wys ook na die foto getiteld “Pregnant Sand” van Namibiese sandduine en ? foto van die Gamsberg wat jou ? blik op beide die “tafelberg” en die styl kranse bied.
In die afdeling Mystic Desert verskyn digitaal gemanipuleerde foto’s getiteld “Dark Mountain”, “Odyssey Portals of Discovery”, “Isis”, die “Namibian Ark” en “Messenger from Mars.” Die foto “Isis”, wat Amy na die Egiptiese godin vernoem het, versinnebeeld vir haar die Afrika-vrou.
Afgetree?
“Daar is soveel dinge wat ek nog wil doen, maar ? mens se tyd loop uit,” sê Amy toe ek haar vra oor haar aftrede.
Sedert die begin van die jaar het die 74-jarige Amy opgehou om halfdag vir Venture Publikasies te werk, met die ooreenkoms dat sy nog vir hulle sou vryskut. Amy het in 1993 by Venture Publikasies as teksredigeerder aangesluit. Van 2004 tot 2013 het sy vir hulle as groep teksredigeerder gewerk en sedert 2013 slegs halfdag.
Sy help egter steeds mense en maatskappye met jaarverslae en die redigering van boeke.
“Ek is pas weer gevra om met ? jaarverslag te help. Ek hou daarvan, want in jaarverslae is die inligting meestal korrek en ek versorg net die taal,” sê Amy.
Sy is tans besig om Dirk Mudge se outobiografie Enduit vir ’n onafhanklike Namibië in Engels te vertaal.
“Ek moet in Augustus hiermee klaar wees. Die vertaalwerk is vir my vreeslik lekker. Ek kan ook met hierdie boek identifiseer, dis ? belangrike boek. Dis wonderlik dat hy dit in Afrikaans geskryf het, maar die Engels is belangrik omdat meer mense dit sal kan lees. Dis ? sleutelboek wat ons land moet hê, maar dan moet hy ook in Engels beskikbaar wees.”
Sy het ook dr. Pompie Burger se boek oor voëls, Birds of Namibia, The Journey Continues, geredigeer. “Dit was ? baie opwindende boek om aan te werk, maar weens die wetenskaplike aard daarvan moes ek wakker wees.”
Sy is tans al halfpad met ? opvolgroman vir This is not a flowerpot, wat deels in Europa en deels in Suid-Afrika afspeel. “Die keer speel die roman in Namibië af. In hoofstuk nege is daar ? ontploffing op die Hardap-dam. Dis hoe ver ek gekom het – ? boek is gewoonlik so 20 hoofstukke lank.”
Sy kon aanvanklik nie ? uitgewer vir Flowerpot kry nie. “Ek het in Suid-Afrika probeer en hulle sê toe ek moet ? agent kry. Die agent sê toe vir my die vrou in die boek is nie realisties nie. Ek sê toe vir haar, dis ? baie goed deurdagte karakter en versinnebeeld vroue wat ek baie goed leer ken het toe ek oorsee klein kindertjies by die skool gaan aflaai het.
“Hierdie mense bestaan nie net in Engeland nie, maar in die hele wêreld. Die vrou wat mishandel word, bestaan. Mense maak net of dit nie daar is nie.”
Grootwordjare
Amy is in die dorp Woking in die weste van Surrey, Engeland, gebore terwyl haar pa en ma daar gewerk het.
“Ek is 100% Afrikaans.
“My pa en ma het mekaar in Stellenbosch ontmoet terwyl hulle al twee vir hul LLB-grade studeer het. My konneksie met Namibië begin met my Conradie-oupa van ma se kant af, wat vir twee termyne lank administrateur vir Suid-Wes Afrika was. My pa het saam met my ma hierheen gekom en sin in die land gekry.
“My pa was vreeslik slim en hy is ? beurs aangebied. Tydens sy studies vir die LLB-graad het hy besef hy stel in opvoedkunde belang. Hy het toe met die beurs na die Universiteit van Edinburgh (Skotland) gegaan om opvoedkunde te studeer. Hy en my ma het toe vir haar pa in Parys gaan kuier, waar hulle ook sommer getroud is.
“Toe breek die Tweede Wêreldoorlog uit. Dit het baie mense se lewens omver gegooi. My pa kon nie verder studeer nie, want die fondse is afgesny. Toe trek hulle Londen toe, waar hulle vir die duur van die oorlog gewoon het.
“My pa het toe daar vir sewe jaar lank die nuus in Afrikaans uitgesaai. Dit was ook in daai tyd wat ek gebore is.”
Amy sê haar pa het gesê as hierdie “gemors” (die oorlog) eers verby is, gaan hulle terug Namibië toe. “Toe ons hierheen terugkom, was ek ? ‘Engelse kind’ en gaan toe skool in St. George's. My pa sê toe nee, die meisiekind moet nou haar taal begin praat.
“In daardie tyd was Emma Hoogenhout ? Afrikaanse skool en hulle het my in die laaste laerskooljare daar laat skoolgaan. Hulle wou die Afrikaans ‘vassement’ en sit my toe in die Christelike Nasionale Meisieskool Oranje in Bloemfontein.
“Dit was ? streng skool, wat nogal erg was,” sê Amy.
Rebel, rabbedoe
As skoolkind in Windhoek het sy baie vryhede gehad en kon sy baie rondloop.
“Dit was veilig en baie lekker. Ek het graag op dakke geklim; ek was ? rabbedoe.”
Haar skooljare was egter die dae wat kinders gesien is en nie gehoor nie, veral onder Afrikaners.
“Ek was altyd vol opinies en idees. Veral toe ek in die streng Afrikaanse skool gesit is wat vreeslik godsdienstig was, het ek rebelleer.
“ As ek Junie-Julie-vakansies huis toe gekom het, het ek baie gekla. Ek het eenmaal gesê die skool is so streng, ek het nou besluit ek is ? ateïs.
“My ma was baie geskok, maar my pa het my gevra hoekom ek so sê. Toe bespreek ons dit ? bietjie en toe vra ek hom wat hy is. Hy sê toe hy is ? agnos en ek sal nog daar kom. Ek het toe nog nie geweet wat dit was nie,” sê Amy.
(? Agnos is iemand wat glo dis ontmoontlik om enige iets oor God of oor die skepping van die heelal te weet en hulself nie tot enige godsdienstige leerstellings verbind nie.)
“Ek was vreeslik lief vir my pa en hy het my baie rigting in die lewe gegee.”
Amy se ma was die eerste in Suid-Afrika wat ? LLB-graad gekry het. “My ma was ? baie slim vrou, maar nie so oopkop soos my pa nie. Sy het nie daarvan gehou dat ek so ‘opinionated’ is nie.
“My tweede man, Louw, was baie diplomaties en hy het my baie getemper. Hy is nou al 22 jaar oorlede, maar hy ‘praat nog in my kop’. Hy sê soms nog ‘stadig my vrou’.
“Ek kom agter dat ek al meer dink die lewe is kort en ek sê wat ek dink. As ? mens reguit is, maak jy soms mense seer, wat jy nie bedoel het nie.
Dit begin (weer) in Engeland
Amy se lewe asook haar werk as fotograaf het beide in Engeland begin.
Sy was nog ? kind toe sy haar eerste “boksie”-kamera gekry het en sommer alles afgeneem het.
“Ek het altyd in kuns belanggestel. Toe ek jonger was, wou ek kuns studeer. My ouers was albei op Stellenbosch en wou gehad het ek moet ook soontoe gaan, maar hulle het toe nie ? kunsfakulteit gehad nie.
“Ek het in kommersiële kuns belanggestel en wou na die tegniese kollege in Kaapstad gaan. My ouers het egter gesê ek moet ? akademiese kursus volg. Ek het toe ? aanlegtoets gedoen, wat gewys het ek moet ? BSc-graad doen. Ek het dit vir ? jaar en ? bietjie gedoen en in my eerste jaar deurgekom.
“Ek is nie akademies in die sin dat ek nagte om sal sit om te leer nie, maar ek was baie konsensieus wat my klasse betref. Ek het toe egter besef dit is nie wat ek wil doen nie en ek kan my ouers na die tyd vertel dat ek van kursus verander het. Dit was in die eerste plek nie wat ek regtig wou doen nie.”
Amy het nie geweet wat anders sy moet studeer nie, deur die boek geblaai en op die BCom-regte afdeling afgekom. Sy begin met die nuwe kursus en kry vir haar eerste rekeningkunde-toets nul punte.
“Daarna het ons ? tien dae vakansie gehad. Toe gaan ek na die tegniese kollege toe en vra dat hulle my help om tydens die vakansie rekeningkunde te leer. Die vrou sê toe vir my ek het net twee dae nodig. Daarna het ek reggekom met die studies,” sê Amy.
“In daardie dae het jy ná jou studies Europa toe gegaan. Ons wortels lê mos in Europa. Ek het vir vier jaar lank in Engeland gewoon, waar ek met my eerste man getrou het.
“Ons het in Londen gewoon en ek het portrette geskilder – sommer die bure se kinders en dies meer. Ek het gedink portrette is my ‘ding’.
“Ek onthou dit egter soos gister. Die eendag het ek in die straat afgeloop, dit was winter en koud. Ek het toe al die drie seuntjies gehad – een in ? stootwaentjie, op die heup en die ander aan leisels.
“Ons het by ? ou muur verby geloop. Hy was ? bruinerige kleur en vol krake, van sy bakstene was weg. Toe ek opkyk, is daar agter die muur ? boom wat afgeëts teen die lug staan. Hy het geen blare gehad nie.
“Dis toe wat ek dink, jy wil g’n portrette skilder nie, jy wil foto’s neem!”
Dis ook hier waar Amy haar liefde vir fotografie begin najaag het. Sy het begin lesse gee by die Berlinse Taalskool en met haar salaris vir haar ? eerste kamera gekoop.
“Ek is nou al sowat 40 jaar aktief betrokke in fotografie,” sê Amy.
Die idee vir This is not a Flowerpot is na regte ook in Engeland gebore. Dit is gebaseer op die ander mammas wat sy leer ken het toe sy haar kinders skool toe gevat het. Geslagsgeweld was toe ? groot probleem onder die Britse vroue en diegene wat mishandel word, aanvaar dit sonder meer, asof die lewe maar so moet wees, sê Amy.
“Ná die vier jaar in Londen het ek Namibië toe gekom en vir twee jaar lank onderwys gegee, wat nie heeltemal my ‘ding’ was nie. Ek stig toe ? fotografieklub, maar weet toe niks van donkerkamerwerk nie. Toe kry ek iemand om vir ons te kom leer.
En wanneer het sy begin skryf?
“Die lewe is eienaardig. Party mense weet presies waarheen gaan hul paaie heen, maar dit was deur my werk by natuurbewaring wat ek ernstig oor my fotografie begin raak het.
“Die posbeskrywing was egter joernalis-fotograaf. Toe het ek eers begin skryf. Dit was vir my baie moeilik, skryf is nou nog nie vir my maklik nie. Dis baie makliker om foto’s te neem."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie