Epukiro-gemeenskap glimlag
Tanja Bause – Mnr. Dieter Maree en sy groep vrywilligers het onlangs aan die San-gemeenskap van Epukiro in die Omahekestreek kospakkies, toiletware, klere en ander items oorhandig.
“Ons het 200 van die kospakkies uitgedeel. Die realiteit is dat 'n baie groot gedeelte van die San gemeenskap in Epukiro honger ly,” het hy gesê.
Die vrywilligers het ook vir die mense 'n bord kos, 'n joghurt en 'n stuk waatlemoen gegee.
Maree het 11 jaar gelede uitgereik na die behoeftige gemeenskap wat van die Nau-Aib-asgate in Okahandja lewe. Van toe af reik hy en sy groep vrywilligers gereeld uit na alle uithoeke van die land.
Sy groep ondersteun behoeftige gemeenskappe en mense nie net met kos nie, maar ook met onder meer skooluniforms, skoolboeke en bome soos op Boomplantdag.
VOLGENDE: WITVLEI
Die volgende uitreiking vind op Saterdag 1 Mei plaas wanneer die groep Witvlei toe wil gaan.
“Mense wat kos, klere of waatlemoene vir die uitreiking wil skenk, word genooi om my te kontak. As daar mense is wat net wil saamkom en die dag met ons en die gemeenskap van Witvlei wil geniet, is hulle ook meer as welkom.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie