Erasmus (97) kort van honderdtal gestuit
Erasmus (97) kort van honderdtal gestuit

Erasmus (97) kort van honderdtal gestuit

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Ná vier wedstryde sover het vier verskillende Namibiërs reeds na vore getree om as speler van die wedstryd teen die Ont­luikende Zimbabwiërs aangewys te word.

Die Eagles, wat reeds die T20's met drie-nul beklink het, het gister die eerste 50-beurtwedstryd (uit drie) in die Castle Lite-reeks by die Wanderers-veld in Windhoek sonder noemenswaardige teenstand met 112 lopies ingepalm.

Kaptein Gerhard Erasmus se spoggerige kolfbeurt op nommer vyf (97 van 89 balle) het gister die glans aan die Eagles se vertoning verskaf. Die span se wentotaal van 322 almal uit was 'n heel goeie spanpoging, veral nadat hulle Zane Green in die tweede boulbeurt vir 'n nul verloor het.

Ainsley Ndlovu was as bouler een van die min ligpunte in die besoekers se mondering, saam met Richmond Mutumbami wat sy kolf laat gesels het.

Die opkomende span van Zimbabwe het gister nog swakker gevaar as in die afgelope drie T20-botsings wat hulle almal met groot verskille verloor het.

Zimbabwe Krieket het ooglopend die huidige standaard van sy buurland se nasionale krieketspan onderskat toe dié span saamgestel is.

Met die T20 Wêreldbeker net 'n paar weke weg, is gehoop dat die besoekers die Eagles in veral die T20-reeks behoorlik sou kon toets. Hul toer het wel vir die Eagles broodnodige wed­strydoefening besorg, maar om teen 'n swak hoërskoolspan jou peil te toets, is beslis nie wat die Eagles in gedagte gehad het nie.



DIE EAGLES se telkaart vir 322 almal uit (6.44 per boulbeurt) het 26 ekstras (foutballe 4, wydlopers 19, beenskut 2, bylopie 1) ingesluit.

1 Stephen Baard (been voor paaltjie, geboul Ainsley Ndlovu) 34 van 35 balle, 4x4, 1x6.

2 Zane Green (gevang paaltjiewagter Steven Saul, geboul Tanaka Chivanga) 0 van 4 b.

3 Michael van Lingen (gevang Chivanga, geboul Ndlovu) 22 van 38 b, 2x4.

4 Gerhard Erasmus (geboul Ndlovu) 97 van 89 b, 7x4, 4x6).

5 Michau du Preez (bvp deur Ndlovu) 30 van 54 b, 2x4.

6 Karl Birkenstock (gevang Brian Mudzinganyama, geboul Carl Mumba) 41 van 35 b, 6x4.

7 Pikky Ya France (gevang Brian Chari, geboul Mumba) 33 van 23 b, 3x4, 1x6.

8 Jan Frylinck (uitgehardloop deur Tendekai Mataranyika) 32 van 18 b, 4x1, 1x6.

9 Bernard Scholtz (gevang Saul, geboul Mumba) 5 van 4 b, 1x4.

10 Dewald Nell (gevang Richmond Mutumbami, geboul Chivanga) 1 van 3 b.

11 Ben Shikongo 1* van 1 b.

Val van paaltjies: 1/4 (Green, 1.4 bb), 2/59 (Baard, 10.6), 3/73 (Van Lingen, 14.4), 4/188 (Du Preez, 35.5), 5/195 (Erasmus, 37.4 ov), 6/256 (Birkenstock, 44.4), 7/281 (Ya France, 46.4), 8/309 (Scholtz, 48.4), 9/321 (Frylinck, 49.4), 10-322 (Nell, 49.6).



Zimbabwe se boulsyfers

1 Carl Mumba 9 boulbeurte, 3/68 teen 7.55 per boulbeurt.

2 Tanaka Chivanga 9 bb, 1 leeg, 2/75 t 8.33.

3 Ainsley Ndlovu 10 bb, 4/43 t 4.30.

4 Chamu Chibhabha 8 bb, 0/32 t 4.00.

5 Brian Bennett 7 bb, 0/51 t 7.28 2).

6 Tendekai Mataranyika 6 bb, 0/37 t 6.16.

7 Brian Mudzinganyama (1 bb, 0/13 t 13.00.



ZIMBABWE se 210 lopies het 12 ekstras (bylopie 1, foutballe 2, wydlopers 9) ingesluit.

1 Brian Mudzinganyama (bvp Nell) 8 van 7 b, 1x6.

2 Steven Saul (gevang Van Lingen, geboul Frylinck) 1 van 7 b.

3 Chamu Chibhabha (geboul Nell) 13 van 8 b 3x4.

4 Brian Chari (geboul Nell) 20 van 22 b, 2x4, 1x6.

5 Richmond Mutumbami (gevang Erasmus, geboul Van Lingen) 91 van 103 b, 8x4, 4x6.

6 Kevin Kasuza (geboul Scholtz) 38 van 58 b, 3x4, 1x6.

7 Brian Bennett (bvp Scholtz) 15 van 24 b, 1x4.

8 Carl Mumba (gevang Frylinck, geboul Van Lingen) 4 van 6 b.

9 Tendekai Mataranyika (geboul Van Lingen) 1 van 6 b.

10 Ainsley Ndlovu 6* van 4 b, 1x4.

11 Chivanga (bvp Frylinck) 1 van 4 b.

Val van paaltjies: 1/11 (Mudzinganyama, 1.5), 2/15 (Saul, 2.2), 3/29 (Chibhabha, 5.3), 4/46 (Chari, 7.5), 5/134 (Kasuza, 28.1), 6/178 (Bennett, 35.2), 7/202 (Mumba, 38.4), 8/202 (Mutumbami, 38.5), 9/207 (Mataranyika, 40.1), 10/210 (Chivanga, 41.1).



Die Eagles se boulsyfers:

1 Frylinck 6.1 bb, 2/24 (3.89 per boulbeurt).

2 Nell 7 bb, 3/55 (7.85).

3 Shikongo 6 bb, 0/32 (5.33).

4 Scholtz 8 bb, 1 leeg, 2/43 (5.37).

5 Birkenstock 3 bb, 0/10 (3.33).

6 Ya France 7 bb, 0/31 (4.42).

7 Van Lingen 4 bb, 3/14 (3.50).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!