Erdogan kou harde bene in Turkse verkiesings
Erdogan kou harde bene in Turkse verkiesings

Erdogan kou harde bene in Turkse verkiesings

Turkye se heersende politieke party onder Tayyip Erdogan het reeds in ’n skokuitslag die hoofstad Ankara verloor en daar word voorspel dat hy Instanboel ook gaan verloor.

Erdogan oorheers reeds 16 jaar die politiek in Turkye in ’n al hoe sterker greep.

Hy het twee maande voor Sondag se stemdag intensief stemme gewerf vir die verkiesing wat hy as ’n “saak van oorlewing vir Turkye” bestempel het.

Turkye se ekonomiese resessie weeg klaarblyklik swaarder by die kiesers as Erdogan se daaglike byeenkomste en ondersteunende mediaveldtog.

Luidens Turkse radio-omroepers het die Republican People’s Party (CHP) en sy burgemeesterskandidaat, Mansur Yavas, Ankara met ’n volstrekte meerderheid verower.

ONLANGSTE PEILING

Die onlangste peiling toon dat die CHP met 28 000 stemme in Istanboel voorloop.

“Die mense het vir demokrasie gestem,” het Kemal Kilicdaroglu, die opposisieleier, gesê.

Die DHP het die verkiesing in die land se derde grootste stad, Izmir, gewen.

Ná die verkiesing sal daar drie dae tyd wees om klagte by die verkiesingsraad in te dien.

In ’n toespraak Sondagaand het dit geklink asof Erdogan ’n nederlaag in Istanboel aanvaar. Hy het gesê hoewel die CHP dalk die burgemeesterspos gewen het, het sy party baie wyke in die woonbuurte gekry.

Die ekonomiese krisis het verlede jaar begin toe die lira met 30% geval en dit tot ’n resessie gelei het. Met ’n inflasiekoers van sowat 20% en toenemende werkloosheid blyk dit dat kiesers moontlik reg is om die president te straf.

Rusen Cakir, ’n vooraanstaande joernalis, het getwiet dat hierdie verkiesings net so histories soos dié in 1994 is toe Erdogan burgemeester van Istanboel geword het. Volgens hom is ’n bladsy van die afgelope 25 jaar nou gereed om omgeblaai te word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!