Erdogan maak skoon
Terwyl Turkye se president in die nadraai van die mislukte staatsgreep ontslae raak van al sy teenstanders, laai kommer op oor die kragdadigheid waarmee dit geskied.
Vier maande ná die nag van 15 Julie toe ''n splintergroep in die Turkse weermag met vegvliegtuie en pantsertuie probeer het om dié land se regering omver te werp, maak pres. Recep Tayyip Erdogan steeds huis skoon.
Sy regering het Dinsdag nóg 15 000 weermaglede, polisiebeamptes en staatsamptenare as deel van die ondersoek na die mislukte staatsgreep ontslaan.
Dit is naas die sowat 1 500 weermaglede wat reeds in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla is.
Hy het tydens ''n polisiesaamtrek in die hoofstad Ankara gesê die staatsdiens is “steeds nie heeltemal ontslae” van die ondersteuners van die Islamitiese geestelike Fethullah Gülen wat hy glo verantwoordelik was vir die poging om sy regering omver te werp nie.
Gülen, ''n voormalige politieke bondgenoot van hom, is een van die wêreld se invloedrykste Moslems en bepleit dialoog en verdraagsaamheid tussen gelowe.
Hy benadruk ook die belangrikheid van onderwys en opleiding, asook die aanvaarding van wetenskap.
Erdogan het Dinsdag opnuut onderneem “om alles moontlik” te doen om van Gülen se ondersteuners ontslae te raak, berig AP
Die Turkse regering het reeds versoek dat Gülen, wat in die VSA woon, aan Turkye uitgelewer word. Amerika se minister van buitelandse sake, mnr. John Kerry, het egter vroeër gesê dit kan slegs oorweeg word indien Turkye genoegsame bewyse teen hom voorlê.
Erdogan het Turke vroeër daarvoor geloof dat hulle “aan die kant van die demokrasie geveg” en gekeer het dat die militêre staatsgreep slaag.
Sowat 250 mense is dié nag in skermutselings in Ankara en Istanboel dood terwyl meer as 1 500 mense beseer is. Dosyne rebelle het egter in die vroeë oggendure van 16 Julie hul tenks in die strate van Istanboel gelos en op die vlug geslaan.
Vyand nr. 1
“Hierdie mense het onder die invloed van geloofsiek mense beland. Hulle het hul sin vir nasionaliteit verloor. Hulle het op ''n vreemde, siek manier opgetree.
“Ek meen . . . om op jou eie mense te skiet. Wie kan dit doen? Net verraaiers. Net aaklige mense.”
Só het mnr. Senol Göka, direkteur-generaal van die staatsbeheerde radio- en televisiediens Turkish Radio & Television (TRT), vroeër die week in Antalya, Turkye, aan joernaliste uit 44 lande gesê.
Hy was die hoofspreker op die eerste dag van dié diens se vierde internasionale media-opleidingsprogram (Umep) wat nog tot Dinsdag in Antalya aangebied en deur sowat 140 afgevaardigdes bygewoon word.
Göka sê 15 Julie was “''n verskriklike gebeurtenis”, maar ook een waartydens demokrasie geseëvier het. “Die burgerlikes van hierdie land het uitgegaan en ondanks die pantservoertuie en die vliegtuie, onbewapen teen die verraaiers opgestaan.”
Hy het passievol teen die Feto-groep uitgevaar en gesê groepe soos hierdie word gebruik om chaos en onrus te saai.
Göka het ''n beroep op medialui in veral die Balkan, Midde-Ooste en Afrika gedoen om die situasie in Turkye deeglik te ontleed. “Hierdie mense is ook jul vyand.”
Hy het ''n burgerlike, mnr. Hoesan Hoessein, wat sy lewe gewaag het om TRT se hofkantoor teen die rebelle te beskerm, aan die joernaliste voorgestel en hom vir sy dapperheid geloof. Hy is tydens die aanvalle in die skouer geskiet.
“God het Hoesan geseën, hy het nie ''n martelaar van hierdie land geword nie. Maar hoe meer mense sterf vir hierdie land, hoe meer mense martelare word, hoe sterkter word ons as ''n nasie,” het Göka gesê. TRT het intussen vir Hoessein ''n pos aangebied om hom te bedank.
Die televisiepersoonlikheid Tijen Karas het ook by dié geleentheid haar wedervaringe met joernaliste gedeel en van die trauma vertel toe sy deur die gewapende rebelle gedwing is om hul verklaring regstreeks op nasionale televisie voor te lees. Ook sy is deur Göka as ''n held beskryf.
Mnr. Lutfi Elvan, Turkye se minister van ontwikkeling, het vroeër aan Al Jazeera gesê indien die mislukte staatsgreep in enige ander ontwikkelende land plaasgevind het, sou die gevolge katastrofies gewees het.
“Turkye se sterk grondbeginsels het dit vir ons moontlik gemaak om hierdie uitdaging met redelike gemak te oorkom,” het hy gesê.
Europese Unie
Intussen is twee mense gister dood en 16 gewond toe ''n motorbom buite ''n plaaslike regeringsgebou in Andana in die suide van Turkye naby die Siriese grens ontplof het, berig AFP.
Die regering het dadelik, soos met die vorige terreuraanvalle in die land, verbied dat beeldmateriaal van die ontploffing uitgesaai word.
Die land se minister van Europese Unie-aangeleenthede, mnr. Omer Celik, het kort daarna getwiet: “Hierdie vervloekte terreur gaan voort om ons mense te teiken. Ons sal tot die bitter einde in die naam van die mensdom hierteen veg.”
Dié aanval kom in dieselfde week wat die Europese Unie (EU) se wetgewers moet stem oor die vraag of onderhandelinge oor Turkye se toetrede tot die EU, opgeskort moet word of nie.
Dit volg ná toenemende kommer onder EU-lidlande oor die ongekende onderdrukking deur die Turkse regering ná 15 Julie. Turkye is tans net ''n medelid van die EU, maar onderhandel reeds sedert 2005 oor volle lidmaatskap.
Reuters berig Erdogan het Woensdag verklaar die stemmery oor die voortsetting van die onderhandelinge “is van geen waarde vir die land nie”.
“Hierdie land se stryd vir sy stabiliteit en toekoms sal nie ontwrig word deur die EU-wetgewers wat hand opsteek nie,” het hy tydens ''n vergadering van die Organisasie vir Islamitiese Samewerking in Instanboel gesê.
Hy het ''n beroep op dié organisasie gedoen om op te staan teen die Weste, waar Moslems te make het met “dubbele standaarde, vooroordeel en vervreemding”.
Daar is egter toenemende kommer in die EU oor die kragdadige optrede die afgelope vier maande teen Turke wat as regeringsvyande beskou word.
Benewens die duisende weermaglede en staatsamptenare wat afgedank is, is talle joernaliste, politici, akademici en lede van burgerlike organisasies in hegtenis geneem en media-instellings is gesluit.
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het in Berlyn gesê dit is belangrik om die kommunikasiekanale na Turkye oop te hou.
Sy het egter benadruk kommer oor die “onrusbarende gebeure” in die land behoort nie ''n struikelblok in die onderhandelinge te wees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie