Erdogan verstewig sy greep op Turkye
Recep Tayyip Erdogan het Turkye se presidensiële verkiesing gewen.
Sowat 59 miljoen kiesers het Sondag hul kruisies vir hul president en parlementslede getrek in wat as die grootste verkiesing in dekades bestempel word.
Dit was ook Erdogan se uitdagendste verkiesing.
Onder Erdogan het die Turkse politiek 'n gedaanteverwisseling ondergaan.
Sadi Guven, voorsitter van die verkiesingsraad, sê Erdogan het met altesaam 97% stemme gewen, berig Reuters.
Nieamptelike uitslae wat “per ongeluk” op 'n Turkse televisiekanaal uitgesaai is, het sy regerende party, Justice and Development, 'n politieke Islamitiese party, en die verregse Nationalist Movement-party, met wie hy 'n alliansie het, die meerderheidstem in die parlement gegee.
Die Republican People's-party, die hoofopposisieparty, het gesê hy sal voortgaan met sy demokratiese stryd, ondanks die uitslag.
“Ons begin môre om die beloftes aan ons mense na te kom,” het Erdogan om 03:00 by sy party se hoofkantoor in Ankara aan duisende ondersteuners gesê.
Hy het ook verwys na 'n poging tot 'n militêre staatsgreep in 2016 en owerhede gemaan om terrorisme beter te bekamp.
Die New York Times berig Erdogan het tienduisende teenstanders in hegtenis laat neem en meer as 100 000 mense uit staatsposte geskors na hierdie voorval.
Erdogan het gisteroggend onderneem Turkse magte sal voortgaan om “Siriese grond te bevry” sodat die 3,5 miljoen Siriese vlugtelinge in Turkye kan terugkeer huis toe.
Erdogan is uit en uit 'n diktator wat sy eie wil op 'n informele wyse op Turkye afdwing, berig Bloomberg.
Turkye is die land in die wêreld wat die meeste joernaliste in die tronk stop terwyl Islamitiese konserwatisme ook onder Erdogan se ystervuis hoogty vier.
Sondag se verkiesing het Turkye van 'n parlementêre demokrasie na 'n presidensiële een verander. Die nuwe stelsel sal die amp van 'n eerste minister tot niet maak en al die magte na die president verskuif. Met dié nuwe magte kan die president nou verordeninge uitreik en mag hê oor die regbank en staatsdiens.
Kritici sê dié nuwe stelsel sal demokrasie net verder wegkalwe.
Erdogan is nou vir 'n verdere vyf jaar aan bewind, maar onder die nuwe grondwet sou hy 'n verdere termyn kon bekom, wat hom tot 2028 in die stoel hou.
Mehmet Simsek, adjunkpresident, het nadat die uitslae bekend gemaak is, getwiet dat dié uitslag reformasie in die land bespoedig.
Muharrem Ince, Erdogan se groot teenstander van die sosiaal-demokratiese Republican People's-party, het verkiesingsbeamptes versoek om by die stemstasies te bly terwyl die stemme verwerk word om moontlike gekonkel met stemme te verhoed.
Erdogan het met 52,5% van die presidensiële stemme weggestap en Ince het 31% gekry.
Justice and Development het 42% van die stemme ontvang, en Nationalist Movement Party, 11%. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie