Erfenisweek volstoom aan die gang

Die land se mees prominente erfenisinstellings span jaarliks kragte saam om dié week te laat realiseer, en vanjaar is geen uitsondering nie.
Yandi Du Plessis
Die Namibiese Erfenisweek 2021 het die afgelope Maandag amptelik afgeskop.

Dié week word jaarliks aangebied en behels 'n reeks geleenthede wat daarop gemik is om alle Namibiërs aan te moedig om hul kultuur en herkoms te vier en hul natuurlike en kulturele hulpbronne lewend te hou en oorgeërfde tradisies en kennis aan die nageslagte oor te dra. Die land se mees prominente erfenisinstellings span jaarliks kragte saam om Erfenisweek te laat realiseer, en vanjaar is geen uitsondering nie.

Vanjaar se tema is “Feshene, ke tlhale e e re lomaganang”, wat “Mode, die garing wat ons aan mekaar bind” in Setswana beteken.

Vanaf Maandag tot eerskomende Sondag word meer as 20 geleenthede in agt streke van die land aangebied.

Namibiërs word aangemoedig om deel te neem deur die geleenthede by te woon wat deur plaaslike museums en kulturele instellings aangebied word.

Van die aktiwiteite sluit in onder meer aanlyn slypskole, uitstallings, kompetisies, kulturele opvoerings, kortfilms en tradisionele kos.

Die Erfenisspan benadruk dat alle Namibiërs die reg het om kulturele diversiteit “op ons eie manier te vier. Ons kan klere aantrek wat ons kultuur weerspieël, of 'n spesiale, unieke dis maak. Ons sal slegs in staat wees om ons kulturele en natuurlike hulpbronne te bewaar as ons dit waardeer.

“Modetendense en -materiale word deur die loop van tyd tussen gemeen­skappe in Namibië gedeel, en dit het ons persepsie en die identiteit van ons Namibiese mense beïnvloed. Terwyl ons globalisering en verstedeliking in die gesig staar, moet ons daarna streef om ons erfenis deur middel van materiële kultuur te bewaar, aangesien dit die sleutel tot die beskerming van ons land se eenheid en vakmanskap is,” het me. Esther Moombolah-/Goagoses, die direkteur van nasionale erfenis- en kultuurprogramme in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, gesê.

Besonderhede van al die gebeure wat deur die week plaasvind, is op die Namibiese Erfenisweek (Namibian Heritage Week) en die Nasionale Erfenisraad van Namibië (National Heritage Council of Namibia) se sosialemediaplatforms beskikbaar.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!