Erfwet hersien
Die finansiële sektor en ander belanghebbendes het ‘n maand om voorleggings te doen oor die omstrede wysigingswet op die administrasie van boedels.
Jana-Mari Smith – Die ministerie van justisie het ingestem om veranderinge aan die wysigingswet op die administrasie van boedels aan te bring, wat tans in die spervuur is.
Dít omdat dit ouers dwing om trustfondse vir minderjarige kinders alleenlik in die hande van die staat te laat, instede van beleggingsinstellings van hul keuse.
Tydens ‘n ontmoeting met die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, en me. Elsie Beukes, meester van die hoërhof, het belanghebbendes ‘n beroep op die minister gedoen om dié wysigingswet te herroep.
Hulle het ‘n beroep op die ministerie gedoen om ‘n “minder ingrypende” manier te vind om die tekortkominge en kommer oor die administrasie van minderjariges se erfgeld te vind.
Dit sluit buitensporige administratiewe fooie en die wanbestuur van fondse deur benoemde voogde in.
Shanghala was vasbeslote dat die wet nie herroep moet word nie, maar het gesê die ministerie, in sy pogings om die belange van minderjariges te beskerm, is gewillig om voorstelle te oorweeg om die wet “perfek” te maak.
Die minister het beklemtoon die wet, wat in Desember in die Staatskoerant verskyn het, is gemik op kwessies wat ontstaan het uit regulatoriese en bestuurskwessies, wat spruit uit verskeie klagtes wat deur minderjariges ontvang is. Dit het voorts ten doel om tot minderjariges se maksimum voordeel te strek.
‘n Sperdatum van ‘n maand is aan alle rolspelers gegee om hul insette te lewer. Dit sal gevolg word deur ‘n raadgewende ontmoeting waartydens moontlike wysigings bespreek en geëvalueer sal word voordat die wet in werking tree.
Indiepte-konsultasies met relevante instellings sal voorts afsonderlik gedoen word om die beste pad vorentoe in terme van betalings aan die voogdefonds en begunstigdes te vind.
Beukes het erken die kommer wat uitgespreek is, is verstaanbaar.
“Ons sal jul vertroue moet wen en onsself moet bewys. Ons verwag nie dat julle ons blindelings vertrou nie,” het sy gesê.
Administrateurs van pensioen- en trustfondse, sowel as regsadviseurs sê die wet het verreikende negatiewe gevolge.
Kommer heers onder meer oor inmenging met ouers se grondwetlike reg om te besluit hoe geld wat aan hul kinders nagelaat word, bestuur word en deur wie dit bestuur word, sowel as die reg om eiendom en beleggings te bestuur.
‘n Voorstel was dat die wet teruggetrek word en die ministerie in plaas daarvan ‘n streng beheerraamwerk implementeer om administrasiefooie beter te bestuur, en ook om ander kwessies te bespreek, wat tot die wysiging van die wet gelei het.
“Daar is baie wat ons kan doen om die koste en administratiewe kant van die bedryf skoon te maak. Om alles vir die voogdefonds te gee, gaan te ver,” was van die kommentaar.
Daar is beklemtoon die huidige wet skep “onhoudbare konflikte”.
‘n Regsadviseur, wat in beleggingsadvies spesialiseer, sê die wet gaan alle geld in een poel – die voogdefonds – stort.
Volgens hom het sommige kliënte aangedui hulle verkies om “hul bates uit Namibië te neem” eerder as om dit aan die voogdefonds toe te vertrou.
Nog een het gesê die wet het nie daarin geslaag om klagtes te pak wat met die vermorsing van fondse deur wettige voogde verband hou nie.
Instede daarvan penaliseer die wet “diensverskaffers en takel dit nie die kwessie van voogde wat die geld ontvang nie”.
Nog ‘n beswaar was dat nie net geld wat vir minderjariges bestem is, gaan geraak word nie, maar ook geld vir minderjariges van bankrekeninge en ander beleggings terwyl hul ouers steeds leef.
Die wet word as ondeurdag beskou, en verteenwoordigers uit die bedryf sê die gebrek aan openbare en bedryfskonsultasies is rede tot groot kommer.
Ook kan die wet ’n ernstige agterstand met betalings veroorsaak, omdat die sentralisasie van betalings van fondse aan die voogdefonds, vóór die geld aan voogde en hul begunstigdes uitbetaal word, uitdagings met kapasiteit en die beskikbaarheid van geld kan skep.
‘n Bestuurder van die regering se pensioenfonds (GIPF) sê dit is onduidelik hoe die fonds die maandelikse annuïteitbetalings aan die 5 400 begunstigdes tans in sy sorg gaan bestuur.
Volgens hom is die grootste probleem die “praktiese implikasies van die wet”.
Beukes, die administrateur van die voogdefonds, het beklemtoon die wet is in die belang van kinders.
“Dit is vir húl toekoms. Nie myne nie, nie die regering s’n nie,” het sy beklemtoon.
Volgens haar is die wysigingswet die gevolg van “werklike mense wat deur voordele geraak word”, sowel as die administrasie van die geld waarvan hulle moet leef.
Die oorname van die geld uit die trustfonds is in ‘n poging om “dié minderjariges te beskerm en nie die geld van hulle af weg te neem nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie